Kaapstad-skietery: Twee dood, een beseer

geweerTwee mans is dood en een beseer nadat twee mans hulle Woensdagmiddag in Steenberg, Kaapstad geskiet het.

Lt.kol. André Traut het gesê die skietery het omstreeks 17:30 op die hoek van Prince Georgerylaan en Militaryweg plaasgevind. “Twee verdagtes het te voet van die toneel gevlug en is steeds soek,” het Traut gesê.

Volgens Traut is die slagoffers in hul twintigs. Die rede vir die aanval is onbekend.

Die oorlewende is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.