Kaapstad-skool ontruim tydens brand

Brand by skool in Zonnebloem, Kaapstad (7 Februarie 2019) (Foto verskaf)

ʼn Laerskool is Donderdagmiddag in Zonnebloem in Kaapstad ontruim toe ʼn brand by die skool uitgebreek het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die gebou het in ligte laaie gestaan toe paramedici en brandbestryders by die toneel opgedaag het. “Die kinders is onmiddellik ontruim en brandbestryders het die brand probeer blus.”

Terwyl die kinders ontruim is, het ʼn beampte van die Kaapstadse metropolisie matige rookinaseming opgedoen. “Hy is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Geen verdere beserings is aangemeld nie.

Plaaslike owerhede is op die toneel vir verdere ondersoek.

ʼn Brand woed ook Donderdagmiddag naby Kampsbaai. Kloofnekweg is gesluit vir verkeer en geen verkeer word van die stad af in die rigting van Kampsbaai toegelaat nie.

Brand by skool in Zonnebloem, Kaapstad (7 Februarie 2019) (Foto verskaf)

 

Die brand naby Kampsbaai:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Crimsoncorvine ·

Hmmm 2 skole in so te sê n week nadat n blf ondersteuner op fb op n post van sowetonews of iets nie blankes gewaarsku het om nie hul kinders na enige wit of gemengde skool te stuur nie want “you will see what happens”….laat mens dink né??

leser ·

waar kom die skool brande skielik vandaan, ‘n paar jaar gelede was daar nie sulke voorvalle nie, of besef die brand stigters nie hul vernietig hul eie geleerdheid / wysheid

Opisthophthalmus ·

Jip… En dan later betoog en verniel hulle nog so bietjie, omdat daar nie voldoende geriewe vir onderrig is en ‘n skooljaar voltooi kan word nie … Viscous circle…

LHS ·

Die spul brande in die Wes-Kaap is verseker beplande dade van terreur. Wie presies agter dit sit kan geraai word maar daar is verseker meer agter alles as net brandstigting.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.