Kaapstad skryf miljarde af om inwoners te help

Die Stad Kaapstad bied miljarde rande se verligting aan inwoners. (Argieffoto:
pixabay)

Die Stad Kaap gaan R4,1 miljard in agterstallige munisipale skuld afskryf in ʼn poging om finansiële druk op inwoners, organisasies en ondernemings te help verlig.

“Die stap word gedoen weens die voortgesette ernstige uitwerking van Covid-19 op lewens en inkomste en die ekonomie wat oor die afgelope jaar veel stadiger herstel het as wat verwag is.

“Met ʼn verwagting styging in Covid-19-gevalle, tree die stad op om verdere lyding sover moontlik te verhoed,” sê Ian Neilson, burgemeesterskomiteelid vir finansies.

Die proses om skuld aan kwalifiserende debiteure af te skryf, sal dadelik begin en geleidelik geskied.

“Dit word moontlik gemaak deur die talle lojale inwoners en sakeondernemings wat in ʼn posisie is om te betaal en aanhou om dit te doen, en die stad dus in staat stel om verligting te bied aan sukkelende inwoners, sakeondernemings en organisasies.”

Hy sê die stad is uiters dankbaar teenoor dié inwoners.

Neilson sê die stad hoop om op dié manier ook ʼn betalingskultuur te vestig met die aansporings wat aangebied word, asook met die skuld wat afgeskryf word.

Die verligting is benewens die R3,4 miljard wat reeds in die huidige boekjaar vir dienste en munisipale belasting toegewys is.

Neilson sê die besluit kon net geneem word danksy die hoë betalingsverhouding vir belasting en dienste in Kaapstad wat ongeëwenaar in die res van die land is.

“Dit help om die stad volhoubaar te hou en beteken ons is in ʼn posisie om kwalifiserende debiteure weens menslikheidsredes te help.

“Dit word gehoop dat die aansporings en afskryf van skuld ʼn sterker betalingskultuur gaan vestig, terwyl dit terselfdertyd diegene wat ou skuld het, gaan help om snags makliker te slaap. Dit gaan die stad meer veerkragtig en volhoubaar in die toekoms maak.”

Neilson sê sonder die munisipale inkomste sal die stad nie basiese en noodsaaklike dienste kan verrig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Fedup ·

Now this is good news for capetonians.
Now I wonder if we can give it a go in Pretoria as well.
Kidding, the circus stole more than we had already.

Pieter ·

Hier in GP ry hulle ons vir elke rand. Ewe skielik is my tv lis sommer R1300.00 en hulle wil my onmidelik vervolg…. hulle maak sommer nuwe skuld vir ons…

Johnny ·

Jy behoort nie daai ding te betaal nie. Dis die regte ding om NIE te doen nie.

Andre ·

Dit sal n groot fout wees, want presies daai mense wat verligting gaan kry, gaan maar net weer nie betaal nie. Ons wat betaal moet nou maar die pyn vat.

Snowball ·

Moenie vergeet watter oop uitnodiging dit gaan wees vir nog ‘non-payers’ om Wes-Kaap toe te migreer nie…
Ons hele land verval in ‘n kultuur van ‘ALLES VERNIET’.
En, moenie ‘n fout maak nie ÊRENS BETAAL IEMAND; dié wat betaal, betaal reeds om die ‘non- payers’ te dra, totdat hulle ook verswelg word en alles ineenstort.

twaalfboor ·

Ek wonder wat is thumbs down se redinasie. Deel dit met ons ook asb.

M-woord ·

Die idee om skuld af te skryf net so voor plaaslike verkiesings, verras niemand nie. Die probleem met die huidige kultuur van “niks betaal, als verniet he” gaan maar net erger word. En wees gerus, ons getroue betalers is naby punt om te se… genoeg is genoeg.

Baardman ·

Totdat die belasting so hoog raak dat die “gewaardeerde” kliente ook nie meer kan betaal nie.

Kokerboom ·

As mens op tv en nuuskommentare kyk dan is dit net ALTYD Weskaap wat figureer en resultate lewer!!! WAAR is ander provinsies?
Die aksie kan ‘n presedent skep!Die ANC is hard besig om Ooskaap na Weskaap te laat migreer!
Ons vertrou Stad Kaapstad doen dit berekend en gestruktureerd. Sterkte

Danie ·

Ek is een van die wat sukkel in hierdie tyd. Ongelukkig woon ek in n goeie woongebied en gevolglik kwalifiseer ek nie waneer skuld afgeskryf word nie alhoewel ek sukkel om al my kostes te dek. Daar word individuele water rekeninge van tot R100 000 +in die minder gegoede woonbuurte deur Stad Kaapstad afgeskryf terwyl daar groot vermorsing van water is. Die belasting wat ek gedwing word om te betaal betaal al hierdie skulde wat afgeskryf word. Die Stad hetn baie slim manier om ekstra geld uit die verbruikers wat meer water gebruik te maak deur onlogies dan die bedrag van die riool drasties te verhoog en dit op die verbruikers af te dwing. Die oomblik toe die gegoede gedeeltes se verbruikers water begin bespaar het hulle die vaste fooi per maand afgedwing om nog meer geld te maak om te “herverdeel”.

Johan ·

Pasop hier pluk julle nou n lat vir julle eie …. en ook vir die betalende inwoners. Ek weet van baie individue wat in die vermoe is om te kan betaal meer dit nie doen nie. Ek vermoed hulle wag vir dit wat nou gaan gebeur lekker slim van hulle en een sondebok hier is die ANC. My voorstel geen uitstel maar glad nie afstel.

Pieter ·

Dit laat my aan die TV lisensie saga dink. Laasjaar het omtrent 7miljoen uit die 9 miljoen nie betaal nie, en nie een van die 7mil het iets oorgekom nie. Dus gaan ek ook nie meer TV lisensie betaal nie. Nou gaan baie dieselfde doen met munisipale rekeninge, want as jy lank genoeg nie kan betaal nie (of is dit nou nie lus om te betaal nie?) gaan dit maar net afgeskryf word.

Dit word gehoop dat die aansporings en afskryf van skuld ʼn sterker betalingskultuur gaan vestig – hoe naief kan ‘n mens wees??!!

Jaco ·

Hierdie is n klug ek sukkel ook maar maak seker ek betaal eers wat verskuldig is en dan met res maak ek werk of probeer. Ek gaan nou ook ophou betaal sodat hulle myne ook kan afskryf

Anoniem ·

Is die nie-betalers se krag afgesny? Hoeveel het intussen onwettige verbindings aangelê? Gaan die wettige verbindings weer her-koppel word nadat die skuld afgeskryf is? Dink julle werlik dat hulle voortaan gaan betaal? Dis net gevreet koop en beteken niks vir getroue betalers nie, ons sal gemelk word vir die laaste sent.

Samuel ·

Daar ís mense wat kan betaal en dit eenvoudig net nie doen nie. Glo my!!

Ben ·

Die hele kaapse vlakte gaan nou verniet krag kry. En en en en.
“What a joke”

ElizeK ·

Ongelooflik en absurd. Is die Stad Kaapstad wat DA is, ook nou van lotjie getik. Ons word soos dit is alreeds verswelg deur plakkerskampe en nou LOK julle die stomme agtergeblewendes wat net wil hê en hê in hulle duisende Kaap toe. Die stap gaan julle nog in die O kom byt, want julle bring met hierdie stupid stupid idee net ANC stemme Kaap toe.
Dit gebeur nou oral in die Wes Kaap. In die DA beheerde Mosselbaai bou die REGERING tans direk langs die hoofpad 5000 woonstelle vir our people.
I rest my case!!!!

Skillie ·

Wat n grap julle hoop om mense aan te spoor om te betaal deur die wat nie betaal nie se skuld af te skryf ????‍♂️

JohanR ·

Asseblief tog mense moenie dat die Kaap in die October verkiesing weer in ANC hande val nie. Die DA mag 10% sleg wees, maar die ANC is 90% sleg! Ons onthou nog daai verrotte ANC Nomaindia Mfeketo. Toe sy by Kaapstad klaar is, toe stuur hulle haar parlement toe…..’n ANC sal nooit sonder ‘n jobbie wees nie al is hy/sy hoe sleg!

Rian ·

Die patetiese DA probeer nou om die swart stem te werf, noudat die blanke en bruin kiesers hulle soos warm patats los.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.