Kaapstad slaggereed vir Guy Fawkes

Vuurwerke waarop beslag gelê is.

Vuurwerke waarop beslag gelê is.

Die Stad Kaapstad se direktoraat vir veiligheid en sekuriteit staal hom vir die jaarlikse Guy Fawkes-viering Saterdag.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het gesê 5 November het sinoniem geword met die afskiet van vuurwerk, maar dat daar ook ʼn meer onheilspellende tradisie is om mense met verf te smeer.

Die stad het 12 plekke goedgekeur waar vuurwerk afgeskiet mag word en ʼn beroep op lede van die publiek gedoen om so min moontlik vuurwerk hier af te skiet. Wetstoepassingsagentskappe en die nooddienste sal op hulle pos wees om seker te maak wet en orde word gehandhaaf.

Vuurwerke waarop beslag gelê is.

Vuurwerke waarop beslag gelê is.

In 2015 het nagenoeg 21 000 mense op die aangewese plekke bymekaargekom vir Guy Fawkes. ʼn Totaal van 16 beserings is aangemeld en boetes van R6 200 is uitgereik.

“Ons verskaf beduidende hulpbronne om die verrigtinge by die goedgekeurde vuurwerkplekke dop te hou en dit wys in die feit dat ons verlede jaar geen ernstige voorvalle gehad het nie,” het Smith gesê. “Ons doen ʼn beroep op mense om hul gesonde verstand te gebruik wanneer hulle vuurwerk afskiet, veral rondom kinders.”

Die metropolisie het verlede jaar 309 klagtes ontvang rakende vuurwerk wat onwettig afgeskiet is.

Die plekke waar vuurwerk afgeskiet mag word, is:

– Die toerismesentrum in Atheneweg by die Tafelsig-strandfront;

– die Wesfleur-sportveld in Reygersdalrylaan in Atlantis;

– die Bishop Lavis-sportveld in Lavisrylaan in Bishop Lavis,

– die Metropolitan-sportterrein in Melkhoutstraat in Bonteheuwel,

– die Delft-Sentraal-sportterrein in Hoofweg in Delft;

– die Swartklip-sportkompleks in Swartklipweg in Mitchells Plain;

– die Athlone-stadion se parkeerterrein in Klipfonteinweg in Athlone;

– die Maiden’s Cove-parkeergebied in Victoriaweg in Kampsbaai;

– die Strandfontein Pavilion in Strandfontein;

– die Sarepta-sportkompleks;

– die Blue Downs-sportveld; en

– die parkeergebied van Macassarstrand in Macassarweg.

Alle aangewese gebiede sal gepatrolleer word deur wetstoepassingsowerhede en metropolisiebeamptes. Niemand jonger as 16 mag vuurwerk hanteer nie en dit mag nie later as 23:00 afgevuur word nie.

Die publiek word aangemoedig om die onwettige verkoop van vuurwerk by 0860-Police (765-423) aan te meld. In ʼn noodgeval kan 107 van ʼn landlyn of 021 480 7700 van ʼn selfoon af geskakel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Christene ·

Nou wat op aarde het díe engelsman se terreur daad en dood met ons hier in SA te doen? Ai Kaapstad se bestuur, middeleeus?

M'Lady ·

Vuurwerke moet heeltemal verbied word. Punt. Hoeveel moet diere nog ly met hierdie afstootlike gewoonte?

John ·

Ja, die vreemdste twak waai oor hierheen. Dis geldmors en land en see word bemors en troeteldiere se les op. En soveel beserings…

christine ·

Dink nie die bruin mense van die Kaap gee om oor Engeland se gebruik nie. Maar as die aangewese plekke nie gebruik word raak bote aan die brand. Hulle is n vrolike lotjie en net vir hulle kinders laat plesier hou. Glo my dit gaan goed daar en ver van huisdiere af. As Kaapstad dit nie doen nie dan sal mense oral afvuur en fynbos sal aan die brand raak

Jan ·

Moet net nie kritiek op iemand in die media lewer wat vuurwerke skiet nie, bly in jou huis, moenie jou buurman of iemand anders affroteer of iets toesnou nie, bly weg van jou facebook en twitter. As jy dit nie doen nie, is die kanse goed dat jy die ander persoon se regte sal skend.

christine ·

Ditsem Jan presies so. Kyk noord en dinges voort. Ek haat vuurwerke praat van skiet en brand jou geld in die lug, dis toelaatbaar simple

Jan ·

Ek is self G-vol vir alle media-korrektes wat se regte swaarder as myne weeg. Tot op hede het nog niemand een klapper geskiet in die omgewing waar ek bly nie. Genadiglik woon ek nie in die Weskaap nie. Kom DeZille, ons sien die gebiede en plekke waar julle dit terwille van die stemvee toelaat.

Oom WAlker ·

Dit lyk of Pretoria se mense nou darem die simpel Guy Fawkes ding ontgroei het. Ek het gister en laasnag nie eers een enkele klapper gehoor nie.

Jan ·

Was dit dalk net in die Weskaap? Hier in Nelspruit was daar ook nie ‘n piep nie. Kan nog mense van hulle laat hoor?

Albie ·

Dalk moet Paarl gaan anklop by Kaapstad. Eersgenoemde is ‘n reuse nagmerrie en die bombardement van sosiopate duur al etlike dae. Wanfunksionele wetstoepassingsdepartement en idiotiese Raad dra natuurlik by tot hierdie gedrag.

Leendert ·

Wie gaan nog van hulle laat hoor? Dit lyk my op die stadium loop die Kaap voor.

Amanda ·

Wat het van die petisie geword om vuurwerke te verban in die Wes Kaap. Komaan Patricia de Lille maak jou stem die rondom vuurwerke asb. Geen dier verdien dit nie. Wes-Kaap wys ons jul gee om vir diere.

Jan ·

Ek is self G-vol vir alle media-korrektes wat se regte swaarder as myne weeg. Tot op hede het nog niemand een klapper geskiet in die omgewing waar ek bly nie. Genadiglik woon ek nie in die Weskaap nie. Kom DeZille, ons sien die gebiede en plekke waar julle dit terwille van die stemvee toelaat.

snoefie ·

word ek alweer gemuilband. Jan en Christine wat van ons regte wat aangetas word? ons huise is gekoop ons kan nienet oppak en huis toe gaan omdat ons fue bure verkramp vind nie.

Jan ·

Dit is juis die punt wat ons gemaak het, net die ander se regte word in aggeneem!

Johann ·

Ek het so pas ‘n kommentaar geplaas, en jip, hier sensuur hulle my al weer.

Nico Strydom ·

Dagsê Johann

Jou kommentaar het in die “trash”-vouer gaan lê. Dit is egter nou geplaas.

Vriendelike groete

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.