Kaapstad sny Prasa se water af

Fikile Mbalula, minister van vervoer. (Foto: GCIS)

Die Stad Kaapstad het nou die watervoorsiening na die Suid-Afrikaanse spoorwegagentskap (Prasa) afgesny en sal binnekort sy krag óók afsny. Dít nadat Prasa versuim het om sy agterstallige water-en-elektrisiteitsrekening van R98 miljoen teen Vrydag te betaal.

Die stad het Prasa verlede week al gewaarsku dat dié stap gedoen sal word sou die agentskap nie sy skuld vereffen nie, het Maroela Media berig. Volgens Ian Nielson, adjunk-burgemeester van Kaapstad, sal dié verwikkeling egter net Prasa se kantore en fasiliteite beïnvloed en nié die stad se treinvervoer nie.

Volgens Nielson het Prasa reeds in Februarie R86,7 miljoen betaal om sy vorige skuld van R168 miljoen te delg, maar het hy nog geen reëling getref om die huidige agterstallige rekening af te betaal nie.

Derduisende pendelaars in die Wes-Kaap was in Februarie ook gestrand toe Eskom Prasa se krag afgesny het weens uitstaande elektrisiteitskuld van R6,5 miljoen rand. Toe het Fikile Mbalula, minister van vervoer, ingegryp en die geld beskikbaar gestel.

Mbalula het Prasa al in die verlede beskryf as “op die rand van ineenstorting”, maar kon nie dié keer onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ouboet ·

Dit moet reg oor die land gedoen word. Al die stadsrade se krag moet gesny word vir al die geld wat hulle eskom skuld. Hulle sal vinnig leer.

henndrik ·

Dit help nie regtig om die stadsraad se krag af te sny nie, hulle moet die raadslede se krag afsny sowel as die kantore van die politieke party in beheer

Scalla ·

Moes lankal al gebeur het, laat my nie vertel dit is slegs een maand se rekening nie, wat van Soweto?

andre ·

Ek wonder maar net waar het Minister Frikkie Mabula so vining die geld gekry .

Scalla ·

Gebruik van die sokker omkoopgeld wat hy gekry het met wêreld beker

Jaco ·

Het die DA nou mal geword? Hoe kan die klein DA beheerde Kaapse stadsraad die krag van die groot ANC-beheerde PRASA afsny en dink hulle gaan daarmee wegkom? Dié ding kan kwaai in die DA se gesig teruggegooi word. Môre word die DA van rassisme beskuldig en word die Kaapse DA-beheerde stadsraad eenvoudig deur die ANC-regering ontbind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.