Kaapstad spog met 8 Blou Vlag-strande

Clifton-strand

Clifton-strand

Agt strande in Kaapstad het Dinsdag die gesogte Blou Vlag-toekenning ontvang.

Blou Vlag-status beteken dat die strand skoon en veilig is en voldoen aan internasionale veiligheids- en toerismestandaarde, het die stad se munisipaliteit in ‘n verklaring gesê. “Blou Vlag-status is ‘n lokmiddel vir toerisme, aangesien internasionale besoekers weet wat om te verwag wanneer hulle só strand of hawe besoek.”

Blou Vlag-status is slegs vir een seisoen lank geldig en kan gekanselleer word wanneer toestande by die strand versleg.

“Die stad is baie tevrede oor dié erkenning van ons toewyding om wêreldgehalte strande in stand te hou,” het Belinda Walker, lid van die burgemeesterskomitee, gesê. Volgens die stad het hy die hoogste aantal Blou Vlag-strande in die land.

Die toekenning word jaarliks aan meer as 3 650 strande in 44 lande regoor Europa, Suid-Afrika, Marokko, Tunisië, Nieu-Seeland, Brasilië, Kanada en die Karibiese Eilande gemaak.

Die volgende strande het die toekenning ontvang:

  • Bikini
  • Mnandi
  • Strandfontein
  • Muizenberg
  • Llandudno
  • Kampsbaai
  • Clifton 4th
  • Silwerstroomstrand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

annette ·

so wie het inspeksie gedoen an verklaar die strande is 100%. is dit crime free ook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.