Kaapstad spog weer met blouvlagstrande

Llandudno (Argieffoto)

Llandudno (Argieffoto)

Tien van Kaapstad se strande spog weer met blouvlagstatus, dit is die hoogste aantal blouvlagstrande in die land.

“Die Stad is baie trots en geëerd om met 10 blouvlagstrande te spog,” het Anda Ntsodo, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdiens, gesê. “Ons besef dat die harde werk maar net die begin is om seker te maak dat dié strande bly voldoen aan die hoë standaard van dié eko-handelsmerk.”

Indien Seaforth-strand naby Simonstad aan sekere kriteria voldoen binne ʼn bepaalde tydperk, sal dit ook as ʼn blouvlagstrand geklassifiseer word.

“Ons berei voor vir 1 Desember, die begin van die blouvlagseisoen,” het Ntsodo bygevoeg. “Die Stad se departement van sport en ontspanning, in samewerking met ander departemente, werk hard om seker te maak dat ons strande skoon en veilig is met propvol aktiwiteite vir vakansiegangers.”

Ntsodo het gesê voorbereiding sluit instandhouding en opgradering van fasiliteite in, en om seker te maak dat lewensredders die strande patrolleer. Die watergehalte word ook getoets en duinrehabilitasie, uitroei van indringerplante en verpligte omgewingsopleidingsprogramme is deel van die blouvlagstatus.

“Die feesseisoen is gewoonlik die besigste tyd van die jaar en gemiddeld besoek meer as 1 miljoen mense ons strande,” het Ntsodo bygevoeg.

Blouvlagstatus is ʼn internasionale akkreditasie vir strande wat uitnemendheid toon deur te voldoen aan 33 kriteria uit vier kategorieë, waaronder omgewingsopvoeding en -inligting, watergehalte, omgewingsbestuur en veiligheid en dienste. Deelname aan die internasionale program is vrywillig.

Die volgende strande het blouvlagstatus vir die komende 2016/17-somerseisoen:

Silwerstroomstrand (15 Des – 15 Jan)
Melkbosstrand (1 Des – 31 Jan)
Clifton 4de Strand (1 Des – 31 Jan)
Kampsbaai (1 Des – 31 Jan)
Llandudno (1 Des – 31 Jan)
Vishoek (1 Des – 31 Jan)
Muizenberg (1 Des – 31 Jan)
Strandfontein (1 Des – 31 Jan)
Mnandi (1 Des – 31 Jan)
Bikinistrand (1 Des – 31 Jan)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Student ·

Wag tot die studente die blouvlagstrande beet kry, al die sand sal n ander kleur wees……………..

Daan ·

Spoggerig met die berig, hoop hul is voorbereid vir ons liewe studente………..

Stormrider ·

Nou wat pla tog ou Koos. Dis lekker in die Republiek van Kaapstad waar dinge bietjie werk.

peanut ·

Laat ons prys gee waar dit toekom. Welgedaan Kaapstad en elke inwoner en werker wat positief bygedra het tot hierdie erkenning van jul insette.
tenminste is daar internasionaal ook organisasies wat sien daar is nog goeie dinge wat gebeur in SA.

Willie ·

Ek het my sinus gespoel n maand gelede by Umlhanga rocks, wat n seer keel n dag later. Nee ek glo julle nie!!

Gerhard ·

Willie, nou hoekom sal jy so iets wou doen….Bedoel jy by n’ Dr. of in die soutwater?

Raymond Bastone ·

Kan jy glo dit klink te goed om waar te wees maar geluk

M A ·

Sies, alweer skewe joernalistiek. Geen melding van Gauteng se pragtige blouvlag strande nie ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.