Kaapstad-tiener by skool doodgesteek

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 15-jarige seun van Matroosfontein in Kaapstad is Woensdagoggend by ʼn skool in die stad met ʼn skerp voorwerp doodgesteek.

Kapt. Frederick van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die seun is omstreeks 11:00 by ʼn skool in Bishop Lavis aangeval en in sy nek gesteek.

“ʼn Ooggetuie beweer die slagoffer is deur ʼn 17-jarige leerling aangeval. Die seun is op die toneel dood,” het Van Wyk gesê.

Die rede vir die aanval is nog nie bekend nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

scalla ·

Barbaars, reeds op 15 en 17, wat gaan van hul word, tronkvoels in wording, belastingbetalers gaan sorg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.