Kaapstad-tiener met vuurwapen betrap

Argieffoto

ʼn 18-jarige seun is Woensdag in Kaapstad in hegtenis geneem nadat ʼn ongelisensieerde vuurwapen in sy besit gevind is.

Sers. Noloyiso Rwexana, provinsiale polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het gesê die seun is in die omgewing van Athlone in hegtenis geneem.

“Polisiebeamptes was besig met misdaadvoorkomingspligte in die gebied toe hulle sien die verdagte hou iets in sy hande vas. Hy het probeer weghardloop, maar is gou ingehaal en aangekeer,” het Rwexana gesê.

Die verdagte moet binnekort in die Athlone-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Marieta Reyneke ·

Nou hoekom dan nou “seun”? Sover my kennis strek is n 18-jarige mos nou n volwassene.

Ramkat ·

Nou het hulle eindelik n GEWAPENDE bendelid beet.
Hou hom deur proxy aanspreeklik vir onverantwoordelike skietvoorvalle in die omgewing waar by onskuldige gewonder of.selfs gedood word.

Meneertjie ·

Kom ons raai, daar gaan NIKS met hom gebeur nie. Hy gaan in die landdroshof verskyn vir die skyn en dan op R50 (of geen) borgtog vrygelaat word, of in die sorg van sy ouers gelaat word, hy is mos nog ‘n TIENER op 18. Snaaks hulle is skielik tieners op 18 as hulle aanjaag. Die woordkeuse deesdae is vir my verstommend. Hoe kriminele oortredings sagter laat klink word vir sommige en harder vir ander. En dit alles deur middel van die media. Dit is baie powerful.

Scalla ·

Opskrif lees hy is n tiener, weg gehardloop soos n seun, op 18 jaar moet hy verantwoordelikheid besef en toepas, straf hom as n volwasse man, hy hou hom mos groot.

Net so ·

Se ek ook mos. Stem 100% saam met jou. Hulle is mondig op 18 en nie meer in die ou dae 21 jarige ouderdom nie . Dus moet hy aangespreek word as n volwasse man en verantwoordelikheid vat vir sy dade as n volwassenne.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.