Kaapstad-tiener vermoor toe hy glo kinders wou help

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 15-jarige tiener is Dinsdagmiddag in Manenberg in Kaapstad vermoor, het die Wes-Kaapse polisie bevestig.

“Ons bevestig die moord van ʼn 15-jarige word ondersoek,” het lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, gesê. Die voorval het in Kaystraat in Manenberg plaasgevind.

“Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die motief vir die moord is nog nie bekend nie,” het hy bygevoeg.

Intussen berig EWN die tiener, genaamd Kaashief, wou klein kindertjies beskerm toe hy geskiet is. ‘n Inwoner het aan die uitsaaier bevestig Kaashief was nie ‘n lid van ‘n bende nie. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Babs ·

Wanneer gaan ouers in Mannenberg hulle kinders begin reg opvoed sodat hulle nie by bendes betrokke raak. Daar is te veel kinders wat dink dit is “cool” om ‘n bendelid te wees. Volgens die berig was die kind onskuldig – iewers moes iemand, miskien in sy familie, betrokke wees. Daar is te veel ongelisensieerde vuurwapens, bendes en dwelms en te min ouers wat omgee vir hulle kinders. Al is jou kind uit die huis bly hy/sy nog altyd jou kind en as jy weet hy is by onwettighede betrokke is dit jou plig om hom/haar reg te ruk of aan die polisie oor te gee. Mannenberg moet wakker skrik – dit bly nie net daar nie – dit het al versprei na ander gebiede.

Nina ·

Watse deel van die berig het jy nie mooi verstaan nie? Die KIND het ander KINDERS probeer beskerm. Aggenee, man. As jy moet kommentaar lewer, dink tog bietjie aan die kind se ouers? Of het jy geen kinders? Magtig.

Nina ·

En nog iets, BABS. Wie de flok sê enige een was betrokke by bendes? Hoeveel ONSKULDIGES is nou al doodgeskiet agv bendes? Tsk. Me/Mev Perfek.

Marieta ·

Enige kind wat se lewe so sinneloos kortgeknip word, is ‘n skreiende verlies en onreg. Dankie Nina dat jy ten minste opkom vir die kinders. Ek het self ‘n broertjie dood daaraan dat kinders altyd so afgetakel word. Is geen wonder party van hulle raak die pad so byster nie. Hulle gee nie meer om of hulle reg of droogmaak nie, want hulle gaan in elk geval gekritiseer word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.