Kaapstad veg voort teen tolprojek

Die voorgestelde Wynland-tolprojek Grafika: Sanral

Die voorgestelde Wynland-tolprojek Grafika: Sanral

Die Stad Kaapstad het Dinsdag die uitspraak van die Wes-Kaapse hooggeregshof wat Sanral verhoed om tolhekke op te rig op die N1- en N2-snelweg, in die hoogste hof van appèl verdedig.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het appèl aangeteken teen die uitspraak van regters Ashley Binns-Ward en Nolwazi Boqwana op 30 September 2015 teen die Wynland-tolprojek. Die uitspraak het die goedkeuring, wat ʼn las van R62 miljard in tolgeld vir Wes-Kaapse padgebruikers sou beteken, hersien en tersyde gestel.

“Die Wynland-tolsaak duur al te lank voort en is vroeër vandag aangehoor voor regters Navsa, Cachalla, Wallis, Petse en Mocumie in die hoogste hof van appèl in Bloemfontein,” het Brett Herron, burgemeesterskomiteelid van vervoer, in ʼn verklaring gesê.

“Die Stad het weereens aangevoer dat die proses wat Sanral onderneem het om gedeeltes van die N1 en N2 as tolpaaie te verklaar, onbehoorlik en onwettig is, asook sommige van die besluite wat geneem is voor die verklaring,” het hy verduidelik. “Die minister van vervoer moet die verklaring van ‘n tolpad aanvaar, maar die minister het in daardie stadium erken dat hy nie die meriete daarvan oorweeg het nie. Volgens die Sanral-wet kan slegs die Sanral-raad besluit om ʼn pad as ʼn tolpad te verklaar, en die raad het nooit só besluit geneem nie, en het ook nooit enige inligting ontvang om só besluit te neem nie.”

Volgens Herron het Sanral se openbaredeelnameproses ook nie voldoen aan die vereistes van die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid nie. “Die enigste inligting wat aan die publiek verskaf is, was waar die tolpaaie sou begin en eindig en waar die tolplazas opgerig sou word. Die publiek se kommentaar en besware teen die tolproses is ook nie aan die Raad voorgehou nie. Sanral se verslag aan die minister van vervoer het ook die feit, dat 99% van die kommentaar besware was teen die tolprojek, verbloem. Dit sluit besware in van elke munisipaliteit wat hierdeur geraak word, asook die Wes-Kaapse provinsiale regering, inwoners en padgebruikers.”

Herron het bygevoeg die verslag aan die minister het nie die ernstige maatskaplike impak van die tolpaaie of die bekostigbaarheid van die voorgestelde tolgelde vir laeinkomste-salaristrekkers of finansiële lewensvatbaarheid van die tolprojek ingesluit nie.

“Sanral het ʼn konsessiekontrak voorgestel wat ʼn betaling van R62 miljard waarborg – ʼn koste wat deur die padgebruikers gedek moet word teen ʼn tarief per kilometer, wat drie keer hoër sal wees (344%) as die tolgeld wat deur die Gautengse padgebruikers betaal word.”

Die Stad Kaapstad het die hoogste hof van appèl versoek om Sanral se appèlaansoek met koste van die hand te wys.

“Die Stad bly gekant teen tol as ʼn finansieringsmeganisme vir die opgradering van bestaande paaie en ons sal dié stryd na die hoogste hof neem indien nodig. Ons is egter bereid en gewillig om saam met Sanral te werk om ʼn oplossing te vind vir die infrastruktuur-opgraderings wat vir die N1 en N2 benodig word.”

Uitspraak is voorbehou.

Lees alle vorige berigte oor die Wynland-tolprojek op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Lance ·

Jy weet die mense sien wat in Gauteng met die etoll gebeur maar leer ook net mooi niks nie …..DIT WERK NIE ! Sit eerder n levie op die brandstof soos voorgestel …when will the penny drop !

Cherokee ·

Duidelik besef julle nie hoeveel heffings is reeds op petrol nie.

Jaques ·

Lance,

Goed en wel, kom ons laai die huidige petrol nog verder. Tans is meer as die helfde van die geld wat jy betaal vir brandstof heffings wat waarheen gaan?
Verder, waar gaan die biljoene rande heen wat hulle maandeliks van die Hugunote tonnel maak, daai tonnel is JARE terug al klaar afbetaal, gerbuik dan daai geld.
Op die stadium, sover my kennis strek, is dit Kaapstad self wa betaal vir die verbetering van die N1 en ekstra bane wat bygevoeg word, waarvoor soek Scamral nog geld?

Johann ·

Melk.sal.die ANC en sy bakhand trawante die Suid Afrikaanse Ekonomie melk.op alle moontlike en onmoontlike plekke. Nie net om selfsugtig self te skep vir hulle eie sakke nie; maar om voorsiening te maak vir onmoontlike beloftes van free for all…dabk die hemele die gewone burger raak nou G.a.t.vvo.l vir die stoomrorrel attitude..

KarooKlong ·

By ons word ‘n ding ook eerder dik voordat ‘n slaggat herstel sal word.

Johanna Botha ·

Die brandstof heffing is n deeglike geouditeerde sisteem wat goed werk ….die e-toll is sanral ….en daar is die probleem daar word gelde betaal vir invordering en en en mense van SA se gelde verlaat so die land. Dis nie soos die heffing waar daar soveel liter brandstaf afgelaai was en soveel heffing word betaal …die sisteem werk deeglik. By Sanral gaan daar hande in die kasregister wees glo my as ek dit se .. dis hoehom hulle dit wil deurdruk. Die probleem is egter nou dat baie min mense wel betaal omdat die wet sekere regte gee aan almal wat nou die stok in die speke is ….vat so en kry vir julle die anc wou nie hoor nie …nou sit hulle met NOG n probleem soos ou Blade met sy studente hehe

humor ·

Volgens die berig hang die onderrok darem te ver en te sigbaar uit. Mens ruik die die rot vanwee die benepenheid om die ding deur te druk. Tog so ooglopend.

Otter ·

Sanral gaan weer struikel oor daai onderrok wat so ver uithang, soos Gauteng se e-tol debakel.

M A ·

SANRAL het 2 jaar gelede miljoene gekry om die Molotopad op te gradeer. Hier is daagliks miljoene onsigbare werkers wat aan die pad werk. SANRAL het die Kaapse e-tol geld nodig om die Gautengse gesteelde geld te vervang. Of iets…

boerseun ·

Aai tog mense, probeer tog net ñ poging aanwend om ñ feit of twee te bekom voor julle iets sê. Petrol heffings word landswyd verkry, dus verwag julle dat ñ boer erens in die karoo belas moet word as hy diesel in sy trekker gooi…
Laat SANRAL maar hulle pers scaffolding oprig, die mense van die kaap kan dit dan ook eenvoudig ignoreer soos die Gautengers. SANRAL en die ANC in al hulle wysheid het self hierdie lat gepluk, laat hulle hom maar voel.

Marina ·

Ek kan nie glo hulle wil voortgaan met dit nie. Kan hulle nie sien dit werk nie in Gauteng nie?!?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.