Kaapstad verwelkom plan met vlugtelinge

‘n Polisiebeampte staan buite ‘n skuiling in die Kaapstadse middestad waar vlugtelinge woon. (Foto: Ayanda Ndamane/ANA)

Kaapstad het ʼn hooggeregshofbeslissing verwelkom wat uitvoerbare planne daarstel om die vlugtelingkrisis in die middestad te hanteer.

Die hof het Maandag beslis die stad moet ʼn perseel beskikbaar stel waar die departement van binnelandse sake die besonderhede van elke individu wat die afgelope paar maande in die Metodistekerk en omliggende gebiede in die middestad woon, behoorlik kan nagaan.

Die vlugtelinge skuil al sedert Oktober in die kerk.

ʼn Groep van sowat 500 vlugtelinge het aanvanklik in Oktober buite die Verenigde Nasies se hoëkommissariaat vir vlugtelinge (VNHKR) in die Waldorf-arkade in die middestad uitgekamp. Die polisie het hulle hier verjaag, waarna hulle na die kerk gevlug het.

Van dié vlugtelinge het tydelike skuilings in die omgewing buite die kerk opgerig.

Hulle eis noodbehuising totdat hulle kan verhuis na ʼn land van hul keuse. Hulle het die voorstel van herintegrasie verwerp en die VNHKR het herhaaldelik gesê hervestiging in ʼn ander land is nie moontlik nie.

Kaapstad het vroeër gesê die besetting van die kerk en omliggende omgewing het reeds gelei tot talle oortredings van die stadswette. Buiten dat sakeondernemings in die gebied swaar trek, neem misdadigheid by die dag toe.

Die stad het self voorgestel dat dié proses onderneem word. Dit is deur ander staatsdepartemente gesteun en nou in die hof bekragtig. Afhangend van die perseel wat gebruik gaan word, sal Kaapstad selfs die vlugtelinge tot daar vervoer.

Die hof het beveel die stad kan sewe dae nadat die logistiek vir die proses opgestel is, begin om sy munisipale verordeninge in die gebied af te dwing. Indien daar nie aan dié verordeninge voldoen word nie, kan die stad die hof weer nader.

“Ons is verlig dat die hof munisipaliteite se behoefte om munisipale verordeninge af te dwing, erken,” het die metroraad gesê.

Die stad sal nou begin met die proses om die perseel in te rig en ander departement te betrek om die projek so gou moontlik van stapel te stuur.

“Die stad verstaan die situasie in die middestad het onhoudbaar geword en optrede is vertraag weens die ingewikkelde aard van die situasie. Ons het nou ʼn baie duideliker mandaat vir die pad vorentoe en doen ʼn beroep op sakeondernemings, informele handelaars en die publiek om saam te werk terwyl ons ingevolge die hofbevel optree.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Oujongvrou ·

So verstaan ek reg, ek kan iewers gaan n skuiling oprig, en dan moet die stadsraad my van n perseel voorsien waar ek mag n skuiling oprig. Ek begin nou verstaan hoekom ons landsburgers hierdie buitelanders wil weg he. Hulle wil doen en se en maak soos hulle wil in n land wat nie hulle sn is nie

Chris ·

Die stadsvaders moet maar tente loop,huur by “rent a tent vir die mense en dit laat staanmaak daar oppie “flêts”. Hulle sal gou gou self laat spaander van waar hulle afgekom het. ‘n Vlugteling/asielsoeker het in die land ‘n groter status as ‘n witman.

E ·

Wel ek is net bly ek woon nie die Methodiste kerk in Kaapstad by nie. Sou nie gelukkig gewees het om dienste met ‘n klomp plakkers (en agressiewe) te deel nie.

Jaco ·

Die liberale human rights georienteerde DA-stadsraad is darem lelik met dié mense…

Amanda ·

Ag nee, word ons belastinggeld nou alweer misbruik. Hulle betaal nie belasting nie en lewer geen positiewe bydrae tot die sameleweing. Jaag hulle terug waar hulle vandaan kom , dit is die plek wat reeds deur hulle vernietig is… gaan terug na jul eie land!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!1

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.