Kaapstad-vliegramp dalk te wyte aan gure weer; name bekend

Die ongelukstoneel. Foto: Wes-Kaapse departement van gesondheid

Die ongelukstoneel. Foto: Wes-Kaapse departement van gesondheid

Gure weer en swak sigbaarheid het moontlik daartoe gelei dat ʼn ambulansvliegtuig Sondagoggend naby Kaapstad neergestort het.

Mark van der Heever, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van gesondheid, het gesê die vliegtuig het in die Plattekloof-area neergestort. “Die vliegtuig het van Namibië af gekom en het 06:50 van die radar verdwyn en ʼn oproep is 07:50 na die beheersentrum gemaak.”

Van der Heever het gesê twee vlieëniers, ʼn paramedikus, ʼn pasiënt en ʼn passasier het in die ongeluk omgekom. “’n Ondersoek word gedoen maar ons dink gure weer en swak sigbaarheid het die ongeluk veroorsaak,” het hy gesê.

Radio Kosmos in Namibië het intussen die oorledenes geïdentifiseer as Steven Naude (53), Amore Espag (23), Alfred John Ward (24), die pasiënt Gabriel le Roux (80) en sy dogter Charmaine Koortzen wat haar pa vergesel het op die vlug.

Klik hier vir vorige berigte oor die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

lisa ·

Hierdie is regtig baie tragies. Sjoe!! Moet nou nie die weer die skuld gee nie asseblief. Die radar was buite werking. Dis die oorsaak

Andre ·

Hierdie ongeluk laat my baie dink aan die een waarin Hansie Cronje gesterf het.Sterkte vir die families .

Loretha ·

Dit is baie hartseer. Alfred is my kollega se tweeling boetie. So jonk en soveel drome gehad. Sterkte aan die ander families ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.