Kaapstad voorbeeld van ‘klimaats­verandering-ramp’ by WEF

Peter O’Neill, eerste minister van Papoea-Nieu-Guinee, tydens ʼn sessie by die WEF in Davos, Switserland (Foto: WEF, Jakob Polacsek)

Kaapstad en sy desperate stryd om te verhoed dat die stad sonder water sit, is ʼn klimaatsverandering-ramp, het die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) in Davos, Switserland, gehoor.

Kenners het tydens ʼn WEF-sessie oor omgewingsrisiko’s, die wêreld gemaan om vinniger te beweeg wat klimaatsverandering betref om rampe te voorkom, aangesien uiterste weerstoestande al hoe meer verwoestend en duur raak. Die sessie het gehoor dat, terwyl die wêreld nog debatteer of klimaatsverandering werklik is, is weermigrante en -vlugtelinge ʼn werklikheid.

Kaapstad sal die eerste groot moderne stad in die wêreld wees wat heeltemal sonder water sit as daar nie binne die volgende paar maande volhoubare reënval is nie.

Dag zero, wanneer die krane opdroog, word op 12 April bepaal, nadat dit vroeër as 21 April aangedui is. Veiligheidsmagte, insluitend die polisie, weermag en plaaslike wetstoepassers, is almal op gereedheid om seker te maak dat gemeenskaplike waterhulpbronne veilig vervoer kan word en dat openbare waterpunte gemonitor kan word indien die ergste sou gebeur.

Sprekers by die WEF-sessie het Woensdag gesê ander dele van die wêreld beleef ook weersverwante krisisse op dieselfde skaal en voer aan daar is nie voldoende dringendheid om aan die doelwitte van klimaatsverandering, soos bepaal in die Paryse Ooreenkoms, te voldoen nie. Hulle sê meer radikale maatreëls moet ingestel word om die kwessies aan te spreek.

Peter O’Neill, eerste minister van Papoea-Nieu-Guinee, het gesê die klimaatskwessie het die afgelope paar jaar al hoe meer gewild geraak in gesprekke, maar dit help nie lande soos syne wat onlangs ʼn lang droogte beleef het nie. Dit het tot ernstige voedseltekorte in die land gelei.

Hy het gewaarsku dat klimaatsverandering nie net gemeenskappe raak nie, maar ook lande. Minstens ʼn derde van die lande in Afrika en die Stille Oseaan, waarvan Papoea-Nieu-Guinee deel is, loop die risiko om te verdwyn as gevolg van klimaatsverandering. “Die wêreld dink hulle het tyd,” het hy gesê. “Maar daar is gemeenskappe wat al reeds sukkel.”

Hindou Oumarou Ibrahim, koördineerder van die Vereniging vir Inheemse Vroue en Volke van Tsjaad (Afpat), het gesê die reënseisoen in haar land is nou baie korter en dit veroorsaak groot probleme vir plaaslike boere. Tsjaadmeer is ʼn voorbeeld van uiterste weerontwikkeling, met 90% van die meer wat oor die afgelope 40 jaar verdamp het. Dit het tot voedseltekorte en ʼn toename in konflik onder die oewergemeenskappe gelei oor hulpbronne.

Sy het gesê plaaslike oplossings is nodig, aangesien lande nie kan wag vir oplossings op ʼn globale vlak nie. “Dis moeilik om die verbruiker se gedrag te verander as mense probeer oorleef. Energie is ʼn luukse in ʼn land soos myne.”

Sy ondersteun ook die versoek vir vinniger en meer radikale verandering om die situasie om te keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Peet Schabort ·

En die waterbronne wat ons nog het besoedel ons met riool, landboustowwe, fabrieksafval ens. Die mensdom is merendeels die dom mens.

non sequitir ·

Verstaan ek korrek?

Vermeerder jaarliks die gebruikers van ‘n konstante waterbron. Wanneer die water dan gouer opraak is dit bewys van klimaatsverandering?

So korrekte gevolgtrekking soos :Hoërskool Overvaal is vol, daarom bewys dit hulle is rassisties.

Rupert Ashford ·

Ek raak optimisties om te sien daar klink stemme op wat dink en die regte vrae vra. Ook kan ons maar die infrastruktuur net so los en toelaat dat omtrent 25% van die water wat ons het verlore gaan en dan vra “die wereld moet ingryp” wat eintlik beteken “stuur vir ons geld”. Ons moet aanpas by ‘n veranderende klimaat nie dit probeer verhoed of omdraai nie. Ons is mense nie gode nie.

sug ·

Jy slaan die spyker op sy kop. Jy’t die nuwe denkrigting mooi raakgevat

Henk ·

Wat ek nie lekker verstaan nie is:
1. Kaapsta(t) lê lanks die see… dit is ń ongelooflik groot bron van water.
2. Die bestuur van Kaapstad word al vir jare gewaarsku oor hulle water bronne.
3. Die regering word al vir jare gewaasku oor hulle wanbestuur van die water toevoer netwerk. Rivier en dame moet skoongehou word. Maar ek meen as jy nie eers ń stad kan skoon hou nie, vergeet nog van ń rivier.
4. Ons sit met van die slimste weteskaplikes in die wêreld, wat ons kan aanwend om die proses waardeur seewater bruikbaar gemaak word vir mens, plant en dier, goekoper te maak.

Hierdie probleem in Kaapstad het niks te doen met klimaatsverandering nie. Die klimaat verander nog altyd en sal ook so aanhou tot in ewigheid. Die probleem het te doen met wanbestuur op ń groteske vlak. Hierdie probleem was bekend ek kon aangespreek word indien daar bevoegte bestuur was. Nie net in Kaapstad nie, maar ook in die land.

Ek voel baie jammer vir die mense in Kaapstad, ons dink aan julle.

Lola ·

Dit het jy korrek opgesom. Maar ssshhhh, die waarheid mag nie gespreek word nie anders is jy nie liberaal genoeg nie.

Arak ·

Ek dink die groter ramp is dat die bestuur van die stad al vir jare gewaarsku is oor die “ramp” en dat hulle nie veel gedoen het nie.
Baie sterkte aan al die mense in Kaapstad; mag God julle genadig wees.

Pastoor ·

Hoeveel taxis word steeds in die strate gewas in die Kaap. Niemand sê niks daaromtrent nie

Bernardus ·

Die grootste sogenaamde klimaatsverandering het reeds in 1994 plaasgevind, dit het slegs nou tot ‘n kritieke vlak gestyg in die vorm van ‘n oormaat van mense (insluited n beduidende persentasie onwettige immigrante) wat deur die gegewe waterbron infrastruktuur gevoed moes word. Daar is ‘n rede waarom die naaste groot gemeenskappe met Jan van Riebeeck se koms 800 kilometer van die Kaap was.

Pieter ·

Dit is ons almal se voorland die regering bou nie nuwe damme of vergroot die bestaande nie maar die bevolking groei hoe lank nog dan is die riool besmette vaaldam ook leeg.

LB S ·

Pieter, jy slaan die spyker op die kop. Die mense wat die DA nou so afkraak wil nie besef die Regering moet die damme bou nie. Die DA het lankal gevra, net soos met hulp op die Kaapse Vlaktes en bendegeweld, maar die Regering weerhou hulle, omdat die WK mos deur die DA beheer word! Ek het vandag ‘n artikel gelees van ‘n ingenieur wat beskryf hoeveel die Kaapse Munisipaliteit wel al gedoen het om hierdie krisis te vermy. Dit was net nie uitbassyn nie. Maar nee, die DA sal mos nou hul stem verloor (om seker beter bestuur te word deur die ANC). Ons moet maar net almal ons bes doen om water te bespaar en deur hierdie “storm” te kom. Ons witmense is nie gewoond aan wat gaan gebeur nie, maar so het 60% inwoners steeds nie begin water spaar nie!

t ·

Altyd interessant om te lees “koudste in 80 jaar”, “warmste in 60 jaar”, droogste in 40 jaar” ens. ens. Die blote feit dat daar na ‘n tyd verwys word is aanduiding dat dit vantevore dieselfde of erger was. As daar wel ‘n verandering aan die kom is, is dit bloot die aarde wat deur ‘n natuurlike siklus gaan. Daar is niks wat ons as mens kan doen om die onvermydelike te systap nie. Spandeer eerder die energie en geld om te leer om in die veranderende wêreld te oorleef.

kat ·

Hierdie is n droogte en ons moet daarvolgens handel. Dis al.
Jy kan nie op die regering staat maak nie – dit weet ons al vir jare.
Ons sal self ons beplanning moet doen – ek is seker ons sal kan oorleef met die Here se hand oor ons.

LB S ·

Net so, Kat, net soos ons blikkieskos bymekaargemaak het 1994 en met die elektrisiteitskrisis, net so moet ons nou maar waterkanne bymekaarmaak en mooi beplan hoe om te spaar. Ek kon alreeds vanoggend nie 5 Lit kanne by P&P kry nie en die Aqua winkel waar jy kanne volmaak het leeggeloop! Hier kan jy sien hoeveel water jy gebruik :
http://mycapetownneeds.co.za/thinkwater/79.65

Stephen Namibia ·

Ek het dit voorheen in hierdie kolomme genoem en was deur sommige lesers gekritiseer.
In die jare 60 was Windhoek in Namibia die eerste stad in die Wereld wat rioolwater gesuiwer het vir menslike gebruik.
Onthou dit goed daar was mense wat op sakebesoeke hulle eie drinkwater saamgebring het.
Hierdie water was so skoon dat dit al geskik was om te drink nadat dit deur die tweede fase van suiwering gegaan het.
Dit is later weer met normale waterbronne vermeng toe die water tekort opgelos is.
Ek se gladnie dat Kaapstad hierdie roete moet gaan nie. Dis net n voorbeeld van progressiewe denke deur die owerhede.
Nou het Swakopmund in die Namib woestyn weer n groot ontsoutingsaanleg by Wlotska Baken opgerig en ons waterprobleme is opgelos.
Ons water is nie buitensporig duur nie en ons Regering het mense wat vooruit dink.

Suid Afrika en veral Kaapstad is 17 jaar gelede gewaarsku dat die water in Kaapstad binne 17 jaar gaan opraak. Hierdie berig was in die Cape Argus van 17 jaar gelede. Hoe waar!!

Kan nie glo dat SA nie wakkerskrik nie.

Sak ·

Ja, en die Tsjaadmeer se krimping het te doen met oorbenuting agv besproeings projekte. Dit het die invloei patroon van die meer verander.

Christine ·

Ek kan dalk verkeerd wees, maar as die waterpype ens in stand gehou word sou daar nie soveel water lekkasies wees wat water onnodig in die straat dreine laat afspoel nie. Dit is wel oorbevolk ja, maar met al die lekkasies kan mens nie wen nie, Dit help nie mens spaar water in die stede en hou by die beperkings en in die informele nedersettings of selfs voorstede lek als nie. Of die stadsrade te bang in om daar in te gaan of bloot net nie die fondse het om dit “te fix” nie weet net hulle. Al wat ek weet is dat ALMAL moet water spaar want binnekort sal die hele land in krisis wees en dis ons eie skuld

Anoniem ·

Ek stem saam dat klimaatsverandering ‘n groot rol kan speel in die hoeveelheid reën wat ons ontvang, MAAR ons moet ook inagneem dat niemand ooit kon voorsien het dat Kaapstad se inwoner getalle sedert 1996 van 987000 tot 3.6 miljoen in 2016 sou toeneem nie. Maak dus die som, ongeveer 3.5 x meer inwoners teenoor minder reën = katastrofe. So eenvoudig soos dit.

zeno ·

Manie ek stem saam, want al wat leef en beef kan maar na S.A. kom. So groei die getalle en nou sit ons as regte Suid Afrikaners wat hier hoort met die gebakte pere

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.