Kaapstad vra skenkings ná IY-brande

Verwoesting ná die brande in Imizamo Yethu Foto:  Kjell Max Westfehling, Facebook

Verwoesting ná die brande in Imizamo Yethu Foto:
Kjell Max Westfehling, Facebook

Die stad Kaapstad het Maandag skenkings van klere, kos, meubels en toiletware vir slagoffers van brande in die informele nedersetting, Imizamo Yethu in Houtbaai, gevra.

Die brande het Saterdagaand nagenoeg 1 500 mense dakloos gelaat ná sowat 250 sinkhuise afgebrand het en talle beskadig is. ʼn Man is in die brande dood.

Benedicta van Minnen, burgermeesterskomiteelid vir menslike nedersettings in Kaapstad, het gesê die stad werk saam met die NRO Thula Thula omdat die skenkings te oorweldigend was om self te bestuur. “Ons is oorweldig met skenkings van inwoners van Kaapstad. Thula Thula sal voortaan die skenkings ontvang en versprei,” het sy gesê.

Van Minnen het egter gesê daar is steeds ʼn groot behoefte aan klere en kos. “Daar is tans baie mense op die terrein wie se huise afgebrand het en probeer om hul besittings uit die puin te red. Die mense benodig almal klere en nie-bederfbare kos. Vrywilligers kan ook op die terrein vir hulle kos en koeldrank vat.”

Van Minnen het ook bygevoeg die oorsaak van brand is nog nie bevestig nie.

Verwoesting ná die brande in Imizamo Yethu Foto:  Kjell Max Westfehling, Facebook

Verwoesting ná die brande in Imizamo Yethu Foto:
Kjell Max Westfehling, Facebook

“Dit gebeur te veel dat ʼn hele gemeenskap deur die onverantwoordelike of nalatige optrede van een of ʼn paar persone geraak word. Hierdie soort gevalle kan nie gestop word as mense nie hulle optrede verander nie.”

Sy het ook gesê mense se optrede kan nie deurgaans gemonitor word in ʼn poging om brande te voorkom nie, maar groot bedrae geld word spandeer om die basiese dienste van informele nedersettings te verbeter en slagoffers by te staan.

As jy ʼn skenking aan die slagoffers wil maak, kan jy dit aflewer by Thula Thula in Houtbaai, tussen Berg n Dal Estate en die BP-motorhawe, oorkant die ryskool in Mainweg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gideon ·

Ek wonder wie gaan nou weer hardloop om by te dra?? Sekerlik dieselfde mense wat so beledig word, uitgeskel word, vermoor word op plase!! se pragtige standbeelde verwyder word!! Kom ek hoop julle wat so hardloop om kos en klere te gee begin slim word, en gee niks!

Realis ·

Ag nee Gideon. Laat die wat wil, gee want die eintlike skenker (die ANC regering) is nie in staat om behoorlike behuising te voorsien nie en kyk anderpad as sy eie mense in sak en as sit weens brande in hul plakkerskampe. Die slagoffers gaan in elk geval weer vir die huidige regering stem, so moet jou nie so verknies nie. Die ANC luister in elk geval nie, so “why worry?”

Nel ·

Aaklig, maar wonder hoeveel van hierdie mense is eintlik van die Oos-Kaap afkomstig, en is, per implikasie, die Oos-Kaap se probleem ?

Berhalet Beukes ·

Die boere het water en voer nodig… Help iemand hulle of help hulle mekaar? Laat hulle makkers hulle help…

elize naude ·

christlike beginsels op jou vaandel skryf of leef is 2 paar skoene…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.