Kaapstad-vrou glo in Nigerië vir ebola getoets

Ebola-virus

Ebola-virus

ʼn Vrou wat vermoedelik van Kaapstad afkomstig is, word in Nigerië vir die ebola-virus getoets.

Die nuusagentskap Reuters berig gesondheidsowerhede in Nigerië het Donderdag gesê ʼn vrou van Suid-Afrika word in die land aangehou omdat sy simptome van die ebola-virus toon nadat sy in Guinee en Sierra Leone gewerk het.

Die vrou het van Marokko na die lughawe in Lagos gevlieg. Reuters berig die vrou word as ʼn moontlike ebola-geval hanteer en is na ʼn behandelingsentrum in Lagos geneem om toetse te ondergaan.

Die Suid-Afrikaanse departement van gesondheid het Vrydag gesê hy het nog nie inligting oor die voorval ontvang nie. “Ons het nog niks gehoor nie. Ons sal wag vir inligting,” het Joe Maila, die departement se woordvoerder gesê.

Die departement het verlede maand gesê geen gevalle van ebola is in Suid-Afrika aangemeld of bevestig nie.

Die aantal moontlike en bevestigde gevalle het tot 3 069 toegeneem sedert ebola in Guinee, Liberië, Nigerië en Sierra Leone uitgebreek het.

Ongeveer 2 300 mense is reeds vanjaar aan ebola dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.