Kaapstad vrou vas oor R2 m. dagga

Argieffoto Foto: weedmexico.com

Argieffoto Foto: weedmexico.com

ʼn 26-jarige vrou is Dinsdagmiddag in Kaapstad in hegtenis geneem nadat sy glo met saamgeperste dagga ter waarde van R2 miljoen betrap is.

“Lede van ʼn gespesialiseerde dwelmspan het ʼn wenk opgevolg en die huis in 16de Laan in Philippi deursoek,” het lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, gesê. “ʼn 26-jarige vrou is op die toneel in hegtenis geneem op aanklag van die besit van saamgeperste dagga ter waarde van nagenoeg R2 miljoen.”

Traut het verduidelik die dagga was netjies in bokse en pakkies verpak, en dit wil voorkom of dit gereed was vir verspreiding. “Die polisie het ook beslag gelê op ʼn groot bedrag kontant.”

Die vrou, wat tydens die klopjag alleen in die huis was, sal na verwagting Woensdag in die hof verskyn.

“Die moontlikheid van verdere inhegtenisnemings word nie uitgesluit nie,” het Traut bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

EMK ·

Die is net die oortjies van die seekoei. Waar kry sy dit, is die vraag? Dit help nie hulle arresteer net vir haar nie, waar word dit gekweek en wie versprei dit na verkopers soos sy – dis waarna die polisie moet soek en daardie klomp ook arresteer.

jacques ·

By watter poliesie stasie hou hulle dit nou aan,ek wil vir my gaan koop daar.

Michiel ·

Jacques – hahaha, goeie ene! Pas net op aaptwak maak van mens ‘n aap ne!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.