ʼn Vrou in haar 20’s het Sondag naby Clifton in die Wes-Kaap verdrink, het die NSRI gesê.
“Omstanders het die vrou deur die loop van die oggend op die rotse sien sit,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), in ʼn verklaring gesê. Volgens Lambinon het die vrou al haar klere aangehad, sy het nie ʼn baaikostuum aangehad nie.
“Sy wat later moontlik in die water ingaan om af te koel, maar het toe op die rotse in die moeilikheid beland,” het hy bygevoeg.
Die vrou het later kop onderstebo in die water gedryf en is deur seestrome meegesleur.
“ʼn Omstander het ingespring en haar liggaam na die strand gebring,” het Lambinon gesê. “ʼn Groep mense het KPR probeer toepas totdat nooddienswerkers by die toneel opgedaag het.”
Paramedici het die vrou op die toneel dood verklaar.
Klink vir my eerder na ‘n Ingrid Jonker geval!! Veral omdat sy voor die tyd op die rotse gesit het, dalk alles mooi deurdink!
Jammer vir familie!