Kaapstad waarsku oor vertragings weens Poskantoor-staking

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het Stad Kaapstad in kennis gestel dat daar moontlik vertragings kan wees om munisipale rekeninge en motorlisensiehernuwings af te lewer. Die stad was tot dusver nie geraak deur die voortgesette staking nie.

Die aflewering van munisipale fakture vir Julie en motorlisensies wat die afgelope twee aanlyn bestel is, sal moontlik vertraag word.

Die Stad Kaapstad het gesê hy vra om verskoning vir enige ongerief wat hierdeur veroorsaak word. “Rente sal nie gehef word op betalings wat laat ontvang word weens vertragings as gevolg van die staking nie. Indien inwoners reeds op die stad se e-diensteportaal geregistreer is, kan hulle die inligting aanlyn bekom.”

Inwoners met geldige selfoonnommers op die stad se rekeningstelsel behoort ʼn SMS te ontvang met die bedrag wat betaal moet word. “Inwoners kan ook die vorige maand se faktuur as basis gebruik en ʼn soortgelyke, maar hoër bedrag inbetaal (om die tariefverhogings in ag te neem). Inwoners kan ook die inbelsentrum by 0860 103 089 kontak indien hulle die bedrag wou weet.”

Klante wat onlangs hul motorlisensies aanlyn hernu het, kan ook vertragings beleef in die aflewering van die lisensieskywe. “Ons moedig motoriste aan om eerder hul lisensies by die stad se kantore oor die stad heen te hernu indien hulle dit dringend benodig.”

Inwoners word aangemoedig om van die e-dienste-opsies gebruik te maak deur te registreer by www.capetown.gov.za. Klik op die “e-services”-ikoon om te registreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Karien ·

Ja, ons stuur pakkies van oorsee vir geliefdes, verjaarsdae en Kerskaartjies vir ouers. Ek het Maart al n moedersdagkaartjie van Aus af vir my ma gestuur. Sy het hom nou nog nie gekry nie. (Ek bel, ek stuur ook WhatsApp of emails, maar daar is niks soos n brief of n kaartjie nie.) Sy het ook nog nie my broer se kaartjie van Engeland af gekry nie. Ek het die week n brief van SA gekry wat in Februarie al gepos is. Dis swak. Die oponthoud is nie in die ander lande nie, dis in SA, daai pos lê seker in hul vragte daar en niks word daaraan gedoen nie. Pateties. As ek goed van Amerika, England of waar ook al bestel is dit op die meeste 2 weke dan is dit by my, maar alles na en van SA vat maaaaaande.

Ellisras ·

In Ellisras sal ons nie eers die verskil agterkom nie. Hier lyk dit of die klomp altyd staak. Oorbetaalde onderwerkde klomp. Permanente sloer staking.
Sloer staking lê tog soveel lekkerder op die tong as “go slow”

IK ·

Dalk die geleentheid om werkskeppend op te tree deur aflosspanne (soos in atletiek) daar te stel tussen dorpe, stede ens. vir die aflewering van posstukke. Daar kan dan ook sommer terselfdertyd geoefen word vir langafstand deelname aan marathons. Ek persoonlik dink dis ‘n flink idee veral indien dit ‘n kombinasie kan vorm met jou werksplek, vakansie, naweekuitstappies ensomeer en terselftertyd brandstof kan bespaar en verkeersongelukke drasties kan verminder. Ek het gedink aan saamloopklubs maar eerder dan saamhardloopklubs.

Susan ·

Stem saam met Ik dan leef ons almal gesonder gegewe di hoe petrolpryse en dalk ons mediese fondse bietjie verligting bring en dalk ni meer nodig sal wees ni

Wilma ·

Hier op Calitzdorp het posagent nie eers Jun salaris gekry ni. Nou al die 2de mnd maar sy is elke dag op haar pos en worry oor pakkies wat sy moet afgee waarvoor kliente duur betaal het vi posgeld. Nou gooi hul kamma staking voor en se hul kani ha nou betaal. Hul lieg. Middel Jun was geen staking. Niemand worry oor haar. Syt 3kids en wie kan werk en jy kry ni salaris maar die permanente werkers pay op tyd. SIES vi poskantoor. Vergeet em weer. Welkom in di nuwe SA

G. Pieterse ·

Goeie môre.. Ek sal graag wil voorstel dat hulle wegdoen met alle poskantore en gebruik maak van postnet en courier dienste… Sodoende sommer baie salarisse uitskakel want mense is in elk geval nie bereid om te werk

Piet Le Roux ·

Ek wag nou al meer as 3 maande vir oorsese pakkie om net van OR Tambo te kom…..en nou vertel jy my hulle het nou eers begin staak?! Wat se verskil gaan dit maak?!

HPV ·

Sedert hul laaste staking gebruik ons slegs e-pos en privaat koerier dienste. Ons het die poskantoor nog nie eers vir ‘n uur gemis nie.

wilma ·

Ja, en dit is nou die instansie wat verantwoordelik is vir uitbetaling van SASSA-toelaes. Ons is meegedeel dat nuwe kaarte einde Augustus deur die poskantoor uitgereik gaan word, indien ooit! Plaaslike poskantoor gemiddeld ‘n dag per week gesluit – en dit nadat ongeveer 700 ekstra personeellede aangestel is om te help met uitbetalings! Wat ‘n grap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.