Die stad Kaapstad het weer ʼn waarskuwing uitgereik oor damvlakke in die stad.
Burgemeesterskomiteelid Ernest Sonnenberg het gewaarsku indien watergebruik nie verder afneem nie, sal damme teen die einde van die sommer gevaarlike lae vlakke bereik.
Hy het verduidelik die damvlakke het die afgelope week met 1,3% gedaal van 55,8% tot 54,5%.
“Sedert vlak 3-waterbeperkings ingestel is, is daar ʼn afname in die hoeveelheid water wat verbruik word, maar inwoners in Kaapstad gebruik nog steeds te veel water,” het hy gesê.
“Die Stad Kaapstad is bly om aan te kondig dat daar tog sedert ʼn afname is in die volume water wat gebruik word, met ʼn gemiddeld van 854 miljoen liter water per dag verlede week in vergelyking met 870 – 890 miljoen liter in die week tussen 14 en 21 November 2016.”
Sonnenberg het dit benadruk dat die stad se gebruik nie meer as 800 miljoen liter water per dag mag oorskry nie.
Verbruikers word aangemoedig om die webbladsy Think Water te besoek vir handige wenke.
Enige oortredings kan aangemeld word by [email protected].
Bietjie laat om nou wakker te skrik.
Die munisipaliteit het tydens die winter al vlak 2 waterbeperkings ingestel en net voor die somer vlak 3. Kaapstad is al ‘n geruime tyd besig om die watergebruik te kontroleer. Hulle skrik definitief nie nou eers wakker nie. Ek het al ‘n paar keer hier op Maroela ook gelees van die waterskaarste in Kaapstad.