Kaapstad-waterkrisis: ‘Beurtwater ʼn onverwagse skok’

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het Vrydag aangekondig dat beurtwater die stad se voorland is.

De Lille het gesê die drastiese stap is nodig aangesien daar eers in April volgende jaar verligting kan kom wanneer noodplanne in werking tree.

Dr. Corné Mulder, die VF Plus se hoofsweep en provinsiale leier van die Wes-Kaap, het gesê dié stap is ʼn onverwagse skok en gaan elke inwoner van die stad swaar tref.

“Luidens die aankondiging sal water na sekere woongebiede sonder vooraf waarskuwing afgesny word en mense in hoogliggende gebiede bykomende probleme ervaar weens verlaagde waterdruk. Daar sal ook geen rooster wees om mense vooraf te waarsku nie,” het hy gesê.

Volgens Mulder is dit wel so dat die Kaap onder ʼn knellende droogte gebuk gaan, maar die noodplanne wat die stad nou wil deurvoer, is ʼn bewys dat die burgemeester nie oop kaarte met die stad se inwoners gespeel het oor die ware omvang van die krisis nie.

“Die aankondiging is boonop vaag en laat talle vrae ontstaan, soos hoeveel buurte op ʼn slag geraak kan word, hoe lank die afsluitings sal duur, hoe beplan is om plekke soos skole, hospitale en nywerhede aan die gang te hou, en vele meer.

“Dit is verder insiggewend dat in die verklaring gesê word die situasie kan teen Maart of April aanstaande jaar verbeter wanneer noodplanne soos ontsouting en die sink van boorgate die metropool se watervoorraad kan aanvul.”

Hy het gesê dit is niks anders nie as ʼn skokkende erkenning dié dat dinge wel lank reeds gedoen kon gewees het, maar dat hoegenaamd geen noodplan of voorsorgmaatreël getref is nie en dat die burgemeester nie ag geslaan het op talle waarskuwings oor die dreigende krisis nie.

“Wat nou gebeur het, sal op vele vlakke rampspoedige gevolge vir die streek inhou. Ook wat menselyding betref. Die VF Plus doen nogtans ʼn beroep op die stad se inwoners om hande te vat en saam te staan om hierdie ongekende krisis die hoof te bied. Ons doen ook ʼn beroep op die burgemeester om voortaan oop kaarte met die publiek te speel oor die omvang van die krisis, en presies hoe dit die metropool se inwoners gaan raak,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Ashley ·

Ongelooflik hoe enige Staat en Land so iets kan regverdig en instel. Pateties.

Wessie ·

Wat bedoel jy daarby? As daar nie genoeg water vir almal is nie dan is daar nie!
En as almal nie ‘n kollektiewe poging wil aanwend om te bespaar nie moet daar sekerlik drastiese stappe gedoen word.

Penellope Jones ·

Maar as dit nie reen nie, dan reen dit nie .
En as mense hulle nie steur aan waterbeperkings nie, dan moet daar meer drastiese stappe gedoen word.

Andre Botha ·

Dit gaan rêrig my verstand te bowe dat dit na al die waarskuwings nou nog steeds as n skok gesien word as sulke stappe geneem word

Ann ·

Weet jy hoe voel dit om sonder water te wees? Water kan mens nie maak nie.
ñ Deel van ons dorp was vir 2 weke sonder water. Dis nié lekker nie.

Ronel ·

Ann. Ek bly in kroonstad en ons was laasjaar vir amper 2MAANDE sonder water. Suid afrika kan gerus bietjie in Dubai gaan leer oor ontsouting. Dit kon al vroeër hier gebeur het.

Anoniem ·

Stem heelhartig saam Andre. Dis geen skok nie, verwag dit al lankal. Bly self in CPT en die nuus is al lank tevore verwag

Sip ·

Die verval van maklik onderhoudbare infrastruktuur is die ware identiteit van swart leierskap…

Frikkie (Nie pienk) ·

In 2008 het Eksdom met beurtkrag begin. ‘n Wetenskaplike van die WNNR het toe reeds die regering gewaarsku dat water ‘n groter probleem as die krag gaan wees, indien hul nie drasties iets begin doen om ons watervoorraad te beskerm nie. En toe word hy summier ge-“fire”.

Pietie ·

Die agbare burgemeester en haar raad kan regtens verantwoordelik gehou word vir nalatige beplanning en menslike lyding as gevolg daarvan. Die agteruitganig van ons watervoorraad is reeds jare bekend. Koebaai vir die DA. Die VF+ kry van nou af my ondersteuning.

Wessie ·

Ag asseblief. Die VF- kan ook net van die kantlyn af kritiseer soos al die ander.

sannie ·

pietie gaan die vf+ die wolke melk of soos n tandlose brak in die lig op blaf vir meer reen om te val?

Boerseun ·

Wessie en Sannie, minstens staan hulle op vir die taal waar in julle twee skryf. Hoekom praat julle DA klomp nog Afrikaans?

Boerseun ·

Wessie, om n minus te skryf gaan nou glad nie jou boodskap sterker maak nie.

Boerseun ·

Welkom tuis Pietie. Moet jou nie aan die verengelses steur nie

Johann ·

En so kom die wiele af danksy totale onbevoegdheid aan die hand van die ANC wat n provinsie letterlik sal verdroog eerder as ingryp en help? Nie dat die DA noodwendig trots moet wees.op hul skokkende wan beplanning nie!

Inwoner ·

Ek het niks beters verwag van die politici nie.Die hele lot is onbevoeg en kan nie vooruit beplan nie.Kan nie eers n week vooruit beplan nie wat nog te se van n paar jaar?

susan ·

Droogte – ASSEBLIEF maak oop julle ore dit is droog. Politiek politiek waarom. Dit het baie lanklaas gereën mense.

CHRISTA ·

Vertel hulle Susan!! Ek weet nie van wanneer af hulle dink dat die politici water kan “maak” nie!! Genade, dan sou ons mos NOOIT droogte gehad het nie!!

Boerseun ·

Onverwags? Laas jaar was n krieses. Hoe is n swak reenval daarna onverwags? Het julle ander reen meters? Kaap nog altyd droog hence die plante groei. Die migrasie soentoe het water verbruik verhoog maar tot die groot DA het dit gemis.dit is as of SA her ondek word.

Giseon ·

Soos gewoonlik is die berig wat veronserstel is om n krisis uit te wys meer polities van aard as enige iets anders. Dit is beswaarlik nou die tyd om “points” in te samel maar dit is nou tipies politisie…..enige brokkie slegte nuus word dadelik as advertensie vir hul party gebruik…..mens sorteer eers die krisis uit en kyk later wie was vir wat verantwoordelik…..dit is geen geheim dat ons n watertekort het nie……en ook geen geheim dat politisie vir ons lieg nie…..selfs in die Kaap. Hulle is te behep met hul eie struggles…..

Deon ·

Ek wil nou nie na die Burgermeester se part vat nie, maar haar hande is ook afgekap want sy kan nie groot besluite neem soos om nuwe damme te bou nie, dit is die werk van die ANC regering wat geld moet gee. Daar is te min damme, teveel mense het verhuis na die Kaap of moet ek sê gaan plak.
Daar lê erger probleme voor, die water is net die begin!!

Annatjie Kruger ·

Verseker kan Patricia De Lille nie water maak nie, maar wat my bekommer is dat sy die “verligting” wat sy belowe met die ontsouting van seewater en boorgate elke keer wanneer sy ‘n persverklaring maak met ‘n paar maande uitstel. Hierdie ontsouting was veronderstel om reeds Januarie 2018 te begin, nou het sy dit na April geskuif.

Wanda ·

Almal weet water kan nie gemaak word nie, MAAR die mense het al begin kla en bekommerd geraak lank voor dit n krissis was en ene de lille het heeltyd gese ons planne is in plek! Moenie worry nie. So sy het eintlik lee beloftes gemaak en duidelik geweet sy lieg!!!

Koos ·

“nie oopkaarte gespeel oor die omvang van die krisis nie”. Regtig iemand moet dit vir jou vertel?? Gebruik jou grysstof en dink self. Dit is ‘n helse krisis en die burgemeester hoef my nie dit te vertel nie. Ek kan dit self aflei van reënvooruitsigte (dit is minder of geen reën in die somer) en verslae oor damvlakke. Moet ons ‘n prentjie teken??

Bossie ·

Politiek is nie so verregaande nie. Die ANC regering moes fondse voorsien vir krisis bestuur. BAIE lank terug. Hulle het nie want opgraderings was vir hulle belangriker as water. Onthou hul soek die daardie deeltjie van ons land al vir baie lank. Hoe gouer dit in chaos verval, hoe beter. Sodra daar chaos heers floreer hulle en dan slaan hul hul kloue in. Hoekom sou hul geld instoot waar die DA in beheer is? Die mense het ‘n saak met water. Daar is mos water in die see en hul voorvaders sal vir die res sorg. Komaan mense, dit is nie Patricia se skuld nie. Almal het geweet die water het lankal krisis vlakke bereik. Ek stem egter dat daar darem een of ander skedule moet wees. Beplanning sal die chaos verminder. Kom ons bid elke dag vir almal wat deur droogte geteister word. Môre is dit dalk ons deel van die land. Kom ons staan saam in gebed. Dit is EEN ding wat hul nooit kan steel nie. Gebed en geloof dat God getrou is. Vergeet van April volgende jaar. God is Almagtig. Wonderwerke gebeur nog elke dag. Julle moet Hom net ten volle vertrou. BID ELKE DAG MET GELOOF. God sal op SY tyd gehoor gee…

Christen ·

Dalk moet julle Kapenaars eerder ophou om te baklei onder mekaar en die knie gaan buig voor God Drie-enig, en tot Hóm ernstig bid vir reen. Duidelik besef julle nie in watse groot krisis julle werklik verkeer nie.

Andre ·

Te veel mense vir die water!

Dis maar al!

Die Kaap is reeds vir 300 jaar ‘n droë plek.

Beperk net die aantal mense!

Dis al!

Bessie ·

Ek is ‘n DA lid. Het 22*jaar vir Munisipaliteite gewerk.
Die hele gemors lê in die skoot v d ANC. En ook bietjie ‘N P.
Daar moes altyd vir droogte voorsiening gemaak word. En storms. MAAR die dem ANC het die Weermag en “Army'” wat moet help is tot niet laat gaan.. Stormwaterdreine word nie in stand gehou nie. Na droogte kom storms, dan spoel almal weer weg.
My geloof lê in God die Vadersdag en in GEEN mens nie.

Oom Klasie ·

Christen jy is reg.Die gekibbel help niks.Buig die knie en wees nederig eerder as om die belangrike een te probeer wees

John ·

Die ANC wil die Kaap in wanorde laat verval en sodoende die inwoners teen die DA laat draai vandaar ook die aanmoediging van massas plakkers. Selfs die klimaat sal misbruik word om die Kaap in te palm. Zille se onderskrywing van die gebruik van die weermag pas in die kraal van die ANC. Hulle gaan aanbly tot 2019 en met die belofte van ‘n plasie, soos in Zim, kan skimmels nogal dinge swaai. De Lille sal ‘n slag moet luister na kundiges. Enigeen wat te magtig en te bekwaam voel, se vloermat het ‘n manier om uitgeruk te word… en die val is hard.

Dirk Breytenbach ·

Dat die krisis deur natuurlike oorsake veroorsaak is, is ‘n voldonge feit, dat die leiers van die dag tydens hul termyn liederlik gefaal het om die risiko te bestuur is nie aanvaarbaar nie. Die tyd wat hulle nou nodig het om alternatiewe in werking te stel is ongeveer 8 maande. Patricia de Llille is al baie langer as 8 maande in die leiersposisie. De Lille praat neer op die inwoners asof dit net hulle probleem is en dreig met boetes ens. Dis nie goed genoeg nie en ‘n stad en sy ekonomie kan nie met watertenkers en beurtwater funksioneer nie. Sekere kommentators probeer nou om De Lille en haar hoogsbetaalde amptenare se reuse flater wat ‘n wereldstad op sy kniee gaan dwing te regverdig te reduseer tot ‘n natuurramp, jammer dis nie goed genoeg nie. Jammer Me de Lille ons verwag nou resultate! #Give us water.

SARIE VAN HEERDEN ·

Watervermorsing en -besparing? Gaan kyk hoe lyk dit in die townships waar water verkry word. Plasse en plasse water en die kraan is nooit toegedraai nie.

Gielie ·

Ai! dat ons ou volkie nog woorde van verdeeldheid kan saai in ‘n erstige krisis soos wat ons nou beleef. En nog politiek ook daarvan maak,Al wat ek weet is dat in April vanjaar,daar ‘n vergadering was van ‘n groep mense wat veronderstel is om weers patrone te ken.! Na besprekings is besluit om die winter ‘n kans te gee om te reën.En dit het nie.Dit het gebeur na hierdie mense wat teenwoordig was,almal ondervind het dat dit al vir die vorige twee jaar ten minste ook lae reënval was.

Vermeende ·

Wat Frikkie (nie pienk) bo se is waar en wat die wetenskaplike se waarskuwing was:
Om een lewe te onderhou in SA het jy xxxx liter water nodig en dit sui wat was water tot die water wat n slagdier moet drink tot die water wat gebruik word vir konstruksie en vervaargaging. Maal daai Liters nou met SA se populasie en die wetenskaplike het dit vergelyk met die gemidelde reenval/jaar van SA, sy gevolgtrekking was dat daai n tekort aan water sou kom.
SA is nou daar.
SA se varswater is nou te min om lewe ekonomies volhoubaar te onderhou.

Johannes Meintjes ·

Ek glo dit ook nie dat die Nuwe SA met talle akademiese en navorsingsinstansies nie reeds rioolsuiwering, ontsouting en ander water hergebruikstegnieke of water herleiding vir die Weskaapkon kon formuleer nie! Koeberg as voorbeeld genereer na mening genoeg kernkrag reaktor hitte om ‘n ontsoutingsaanleg te bedryf. Is hierdie nie maar nog ‘n poging om SA (en veral die Weskaap) ekonomies en huishoudelik onder druk te plaas nie?

Nel ·

Uittreksels uit ‘n artikel geskryf deur Franz Fuls – profetiese woorde.

Water Overuse: Our Self-inflicted Demise
“People only become worried about our water when it runs out… We will continue increasing our consumption of water and growing our water-hungry economy until the next drought. At that time we will run out of water again—but then the situation will be more severe.”
“I fear that rain is the only thing that can save our country from a massive disaster in the short term. Yet in the long term, we are doomed.”
“I now believe that it is too late. History shows that we will never change behaviour or systems to consume less per capita and to ensure our long term survival. We are doomed to continue consuming and over-consuming until we have sucked all our resources dry. When that happens Southern Africa will spiral into a state of anarchy. We are running headlong into a self-inflicted demise. We deserve what is coming.
Written by Franz Fuls, Environmental Journalist and Adventurer

Stan ·

Vertrou ook nie vir deL nie stel eerder belang om straate se
naame na ou PAC lede te verander as om na die reget krieser omte sien

Elsabé ·

Wat my baie kwaad maak is dat vroeer die jaar die Stadsraad nie ag op pleiddooie nie. Ek bly in n sekuriteitslandgoed, parke word in stand gehou deur die munisipaliteit want dit is munisipale eiendom. Waterbeperkings was ingestel aan inwoners van Kaapstad. Terwyl inwoners beperk was op waterverbruik, geen besproeiing en almal gryswater in emmers uitgedra het tuin toe, was 8 parke in ons landgoed elke 3e dag besproei want die stadsraad het vrystelling aan bestuur verleen dat besproeiing mag aangaan vir ‘n uur elke derde dag. Ek het by verskeie kere oor ‘n perode van twee maande eposse gerig aan Patricia de Lille, Xanthea Limberg, Allan Winde, plaaslike raadslid Tessa Uys – op dowe ore en was voortgegaan om die 8 parke in die landgoed te besproei. Eers toe verdere beperkings ingestel is, het die landgoedbestuur opdrag gekry dat die vergunning van besproeiing teruggetrek en gestaak word. Tuine in landgoed was verdor en plante het gevrek terwyl 8 parke in die landgoed lowergroen gepryk het. Geen versoek aan enige van die persone hierbo het aandag geniet nie, behalwe die antwoord dat toegewings aan sekere instansies (wat die Stadsraad insluit) gemaak is. Nou spring die Stadsraad op en af en inwoners word gedreig, inteendeel ons word maande al gedreig, maar waar inwoners gedreig was, was dit nie van toepassing op die Stadsraad nie. Ek dink dit is tyd dat die Stadsraad ook na die partytjie toe kom en practice what they preach.

Krappie ·

Gooi die swembaddens toe, julle Kapenaars het mos die see om julle gelukkig te hou…!!

Ada ·

De Lille het nie haar huiswerk gedoen nie.Sy moes al lankal n vooruitskattimg gedoen het oor hoeveel meer mense daagliks in die Kaap aankom en daarvolgens beplan het.Nou gee sy die verbruikers die skuld.Hierdie beplanning moes jare terug al gedoen gewees het maar daar is n kortsigtigheid te bespeur.Nou skarrel dit rond vir noodplanne maar dis n bietjie laat.Die kalf is in die put.

Jd ·

Met die elektrisiteits krisis word toe duisende “Solar Geysers” ingesit. Meeste nuwe huise in ontwikkelings kry dit automaties. Nou word gese as water aan en af gesit word kan jy maar in n paar maande jou geyser koebaai waai hy gaan nie hou. Jy kan hom ook nie afsit. Ons is n gesin van 4 en ons gebruik 7kl per maand met geen boorgat. Hoekom moet my water nou afgesit word. Sit die beperking meters op die hoe gebruikers en sorteer dit so uit

Neels Mostert ·

Ek lees ander se kommentaar en is verbaas. Ek het my eie planne in werking gestel en weet tans nie wat om met al my water te doen nie. My voorleggings aan die “wyse manne” het tot dusver op dowe ore geval.
Ek blameer die stadsraad en sy amptenare direk en sonder huiwering vir inwoners se probleem.

Ek sal graag met Dr Corne Mulder wil vergader om my planne aan hom voor te lê. Miskien gebeur daar dan iets. “Its never too late to mend”.

Vriendelike groete.

Oorlede Neels
C J J Mostert

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.