Kaapstad-waterkrisis: Damvlakke daal steeds

Die Stad Kaapstad. Foto: Phillip Bruwer

Ondanks ʼn goeie reënbui verlede week bly damvlakke in Kaapstad se opvangsgebied daal en beskryf die stad die situasie steeds as kritiek.

Volgens Xanthea Limberg, burgemeesterskomiteelid vir onder meer waterdienste, het damvlakke teen Maandag tot 22,8% gedaal, wat 0,6% minder is as verlede week. “Met minstens 10% van ʼn dam se water wat nie bruikbaar is nie, staan damvlakke wesenlik op 12,3%,” het sy gesê.

Die Stad het verlede week aangekondig hy was genoodsaak om die waterverbruikteiken nog verder te verlaag weens die voortdurende daling van damvlakke in die provinsie en die ongewone warm weer wat tot gevolg gehad het dat waterverbruik toegeneem het. Die teiken vir waterverbruik in dié stad is van 700 na 600 miljoen liter per dag verlaag.

Limberg het gesê inwoners het die afgelope week 680 miljoen liter water per dag verbruik, wat 80 miljoen liter bó die teiken is.

“Ons bedank talle inwoners wat steeds aktiewe waterambassadeurs is. Ons moet egter meer konsekwent wees aangesien ons waterverbruik steeds te hoog is.”

Strenger waterbeperkings gaan moontlik binnekort ingestel word. Intussen het die Stad inwoners versoek om geen munisipale water in buitegebiede te gebruik nie en sover moontlik gryswater en reënwater vir niedrinkdoeleindes te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

humor ·

Gaan kyk maar gerus in die groot plakkerskamp hoe elektrisieteit getap word en hoe krane permanent lek en selfs nie toegedraai word nie.

Penellope Jones ·

Ja, dit sal daal as dit nie reen nie en ook as mense elke dag water moet gebruik.
Ek het eergisteraand 20 koppies water moes afmeet in ‘n kastrol omdat ek iets wou uitwerk.
Ek het die water egter deur die dag gebruik vir die ketel , ek het dit nie in die drein afgegooi nie. Ek het sopas vir elfuur tee die laaste”afgemete” water gebruik.
En ons bly nie in Kaapstad nie, ons bly waar daar nog nie ‘n waterkrisis is nie.
Ek is egter grootgemaak met die idee dat water gespaar word elke dag en meer spesifiek in genoeg watertye sodat mens in die droogte- en min watertye in die gewoonte is.

John ·

Ja, Humor, maar jy weet mos mens moet vreeslik gasvry wees teenoor vreemdelinge… veral uit anner lande…

Boertjie ·

Ek wet julle almal dat 9 uit 10 swembaddens vol is en nie om kant te kies nie maar ek dink nie daar is swembaddens in die plakkers kampe nie. Kyk bietjie of buurman se swembad vol is en rapporteer hom, maar wie doen dit niemand nie. Ek is regtig gatvol dat mense kla , maar niks doen aan die saak nie.

humor ·

Ja Boertjie ook baie waar. Daar is altyd die mense in hul oorvloed en gemaksones wat reken om tenspyte van n krisis hul kan maar die oorvloed handhaaf. Self op n Suidwes- plaas gebore,groot geword en geboer waar daar groot respek vir hierdie gawe water was.

Jacques ·

Die mense moet begin om vir die Here dankie te se vir die reen en kyk wat gebeer ???? Hou op om net te se daar is nie water nie , begin iets doen !!!!!!

PaulM ·

Ek is tans in Kaapstad vir werk. Die gastehuis waar ek bly se swembad is vol en daar is geen kennisgewings op oor enige waterbeperkins of selfs net ‘n versoek om spaarsamig om te gaan met water nie. In sommige strate loop die water strome af. Of dit uit dreine of varswater pype kom weet ek nie, maar daar is baie water wat loop!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.