Kaapstad-waterkrisis: Hitte kortwiek waterbesparing

Die Stad Kaapstad. Foto: Phillip Bruwer

Die Stad Kaapstad het inwoners gewaarsku om waterverbruik aansienlik te verminder te midde van die ongewone warm en droë weerstoestande wat die stad tans ervaar.

Teen Maandag het die Wes-Kaapse damvlakke op 29,4% gestaan. Met die laaste 10% van ʼn dam se water wat grootliks onbruikbaar is, beteken dit die damvlakke is wesenlik op 19,4%.

Die algemene waterverbruik staan op 632 miljoen liter per dag. Dit is 132 miljoen liter meer as die doelwit van 500 miljoen liter water per dag onder die vlak 4b-waterbeperkings wat onlangs vir ʼn onbepaalde tydperk ingestel is.

“Verbruik bly steeds te hoog wat vererger word deur die warmer weer en gepaardgaande verdamping,” het rdl. Xanthea Limberg, burgemeesterskomiteelid vir informele nedersettings, gesê.

“Daar behoort geen rede te wees waarom binnenshuise waterverbruik weens die weer toeneem nie. Om te verseker dat ons die nodige reserwes opbou om ons tot volgende winter deur te dra, moet ons die water bespaar wat ons tans het. Ons gaan voort met drukvermindering van water en wetstoepassing reg deur die stad.”

Sy het gesê die stad is in ʼn ongekende situasie. “Hierdie droogte is baie erger en uitgerek as wat enigeen voorspel het en die waarskynlikheid van reënval bly onseker.”

Lees meer oor hoe om water te bespaar.
Lees meer oor wat vlak 4b-waterbeperkings inhou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

AP ·

Nou wie is verantwoordelik hiervoor, as die hele Afrika welkom is om in ons land te kom plak!

HPV ·

AP, dit kan jy weer vra. Mijoene mense stroom die land in. Geen opgradering aan opgaardamme of nuwe damme in aanbou. Sit en slaap vir die afgelope 23 jaar, maar die watertekort is die droogte alleen se skuld. Nou sit ons maar agteroor en wag vir beter dae.

Petro ·

Ek kry die mense jammer maar hulle weet nou al hoelank dat hulle n krisis het hoekom nie lankal iets dringend gedoen nie al kos dit ook nou al wat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.