Kaapstad-waterkrisis: Inwoners kry beperkingstoestelle

Patricia de Lille, die stad se uitvoerende burgemeester, het Woensdag by die stad se waterinspektoraat aangesluit om die projek van stapel te stuur. Foto: Verskaf

Die Stad Kaapstad het Woensdag ʼn projek van stapel gestuur om waterbeperkingstoestelle by huishoudings te installeer wat te veel water verbruik.

Patricia de Lille, die stad se uitvoerende burgemeester, het by die stad se waterinspektoraat aangesluit om die projek van stapel te stuur waar die toestelle by twee huise, een in Constantia en die ander in Claremont, geïnstalleer is.

“Die jongste maatreël is deel van ons droogteintervensies waar alle huishoudings wat meer as 20 000 liter water verbruik gewaarsku is om dit te verminder. Inspekteurs het daarna verbruikers wat meer as 60 000 liter per maand verbruik besoek en waarskuwings uitgereik,” het De Lille gesê.

In Julie het die stad vlak 4b-waterbeperkings ingestel met die doelwit dat inwoners nie meer as 500 miljoen liter water, sowat 80 liter per persoon, per dag verbruik nie. Munisipale bepalings ooreenkomstig dié waterbeperkings het die stad gemagtig om die waterbeperkingstoestelle by persele te installeer waar waterverbruik onregmatig en oormatig is.

De Lille het gewaarsku die toestelle sal by huishoudings geïnstalleer word waar hoë verbruik nie regverdig kan word nie of waar alle waarskuwings verontagsaam is.

Waarskuwings is sedert Julie al aan nagenoeg 21 500 huishoudings reg oor die stad uitgereik.

“Die toestelle sal geïnstalleer word by huishoudings wat vir langer as sewe dae nie ag slaan op ons waarskuwings nie. Die eienaar van die perseel sal die installasiekoste van tussen R4 560 en R4 732 moet opdok,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Ouma ·

Ek hoop van harte dat die Kaap nou al die reën gaan kry wat hulle benodig. Maar hierdie klink na ‘n plan om mense te dwing om saam te werk.

Ben ·

Stap in die regte rigting. Ons sal wou voorstel dat met die bevolkings groei en die groot invloei van immigrante, dat daar gefokus word op meer opgaar damme voor dit te laat is. Die afgelope 20 jaar is geen nuwe damme gebou nie. Nuwe damme kan ook met krag voorsiening help.

André ·

Stem volkome saam. Daar word nie veel gedoen om probleem op die langtermyn te herstel nie.

Ben S ·

Ben hier is genoeg damme in die Kaap. Daar is nie genoeg water om dit te ful nie.

Jaques ·

Ben, ons moet moet ophou dink aan damme as die enigste water bron, ons is amper om ring met die see, Stad Kaapstad kon al lankal begin het om ontsouting aanlegte te bou en in die water voer in te sluit, sodat ons “less dependant” kan wees op damme.
O, en ontsouting is nie so duur soos hulle dit wil uitmaak nie, gaan kyk na die heedendaagse kostes.

Sandra ·

Ditsem !
Soos ons as kinders altyd gehoor het – As jy nie wil luister nie, dan moet jy maar voel.
Geen simpatie met hierdie mense wat dink dat geld in “water sal verander nie”. Solank ons die rekening kan vereffen, sal daar water in die krane wees.

Michael ·

Ek stem saam daar moet minder standbeelde opgerig word en meer beplanning op infrastruktuur vir die vinnig groeiende instroming van immigrante wie se lande totaal ineengestort het agv geen beplanning

Fred ·

Hoekom nie net eksponente prys skaal gebruik na water beperking lyn oorskry word? Nou moet daar toestelle geïnstalleer word ens. Mens hoor baie beter aan jou sak.

Eish ·

Die watersituasie is kritiek. Dit beteken as jy nie wil hoor nie, besnoei ons self jou water want daar is nie water vir prysskale nie. Die kontrepsie moet jy in elk geval betaal.

Kaspaas ·

Fred baie van die oortreders betaal nie vir water so hulle gee net nie om of aan die anderkant het hulle meer as genoeg geld en hulle gee nie om wat dit hulle kos nie. Daar is glyskale wat hoë gebruikers straf en dit werk ook nie hulle betaal net. Hierdie is n goeie begin.

jaco ·

ek wag dat n watervermorser in Langa of Gugulethu met so ‘n toestel beboet word. dadelik sal daar beskuldgings wees van DA-rassisme en onderdrukking.
Hoe gaan die toestel werk? hoe gaan dit vermorsing keer?

[email protected] ·

Die water in due Wes Kaap was voldoende maar toe vier die ANC mos ‘n klomp mense in vanuit die Oos Kaap. Die water hou nou nie, die riool is nie meer groot genoeg nie of voldoende nie. Dit is nou bietjie laat om dit te herstel. Die infrastruktuur van die Wes Kaap was nie gebou vir al die duisende mense nie.

Kapenaar ·

Ons bespaar water waar ons kan, Tuin het al lankal vergaan, saans bad ons tot 3 persone met dieselfde water (net bietjie meer as ‘n emmer) Die water word gelos in die bad vir die toilette. Bid vir reen, al so moeg van die emmers wat die huis vol staan.

Gjert ·

Die artikel seg niks oor wat die toestel doen nie…sny dit water af na sekere verbruik of beperk dit druk of wat?

pietie ·

Na aanleiding van vanaand se nuus op Kyknet, lyk dit of De Lille en kie die indruk probeer skep dat hul nuwe waterbronne gaan ontgin. Die vraag is wat hul tydraamwerk is, veral in die lig van die krisis. Die planne wat hul nou het moes al ‘n paar jaar gelede geïmplmenteer gewees het. Watter verskil gaan die beperking van verbruik werklik maak met die toestelle wat geïnstalleer word? Dit lyk meer na “shine vang” deur die bugemeester. Hoër watertariewe sal geen verskil aan welvarendes maak nie, net die middelman straf wat reeds hard probeer. Mosselbaai het bv reeds in 2011 projekte in plek gehad om alternatiewe waterbronne te ontgin en is, sover ek weet, steeds vry van waterbeperkings.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.