Kaapstad-waterkrisis: Meer beperkingstoestelle kom

Patricia de Lille, die stad se uitvoerende burgemeester, het verlede week by die stad se waterinspektoraat aangesluit om die projek van stapel te stuur. Foto: Verskaf

Die Stad Kaapstad het inwoners gewaarsku dat meer waterbeperkingstoestelle by huishoudings wat te veel water verbruik geïnstalleer gaan word.

Teen Maandag het die Wes-Kaapse damvlakke op 32,5% gestaan. Met die laaste 10% van ʼn dam se water wat grootliks onbruikbaar is, beteken dit die damvlakke is wesenlik op 22,5%.

Die algemene waterverbruik staan op 629 miljoen liter per dag. Dit is 129 miljoen liter meer as die doelwit van 500 miljoen liter water per dag onder die vlak 4b-waterbeperkings.

“Daar is oormatige waterverbruikers in al die voorstede van Kaapstad. Water moet spaarsamig gebruik word om voorsiening te maak vir die warm somer wat voorlê,” het rdl. Xanthea Limberg, burgemeesterskomiteelid vir informele nedersettings, gesê.

Sy het gesê waterbeperkingstoestelle gaan binnekort by huishoudings wat te veel water verbruik in Durbanville, Southfield, Retreat, Oakdale, Rondebosch, Maitland, Crawford, Drie Ankerbaai en Parklands geïnstalleer word.

Maroela Media het verlede week berig die stad het die eerste twee toestelle by huise in Constantia en in Claremont geïnstalleer.

“Die jongste maatreël is deel van ons droogteintervensies waar alle huishoudings wat meer as 20 000 liter water verbruik gewaarsku is om dit te verminder. Inspekteurs het daarna verbruikers wat meer as 60 000 liter per maand verbruik besoek en waarskuwings uitgereik,” het Patricia de Lille, die stad se uitvoerende burgemeester, gesê.

De Lille het gewaarsku die toestelle sal by huishoudings geïnstalleer word waar hoë verbruik nie regverdig kan word nie of waar alle waarskuwings verontagsaam is.

Waarskuwings is sedert Julie al aan nagenoeg 21 500 huishoudings reg oor die stad uitgereik.

“Die toestelle sal geïnstalleer word by huishoudings wat vir langer as sewe dae nie ag slaan op ons waarskuwings nie. Die eienaar van die perseel sal die installasiekoste van tussen R4 560 en R4 732 moet opdok,” het sy gesê.

Lees meer oor hoe om water te bespaar.
Lees meer oor wat vlak 4b-waterbeperkings inhou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Karma ·

Me. Limberg sê daar is oormatige waterverbruik in die VOORSTEDE van Kaapstad ….. “Maybe, but NOT likely”, me. Limberg. Die voorstedelike burgers van Kaapstad BETAAL immers vir hul water en goed waarvoor jy betaal, mors jy nie sommer nie. GAAN KYK HOE WORD DAAR WATER IN DIE INFORMELE KAMPE GEMORS, water waarvoor DAAR NIE BETAAL WORD NIE. Hulle ken van oopdraai, maar nie van toedraai nie.

Laat my dink aan die grappie van die huisvrou wat die een dag vir haar huiswerker dat sy nie vandag die ruite kan was soos gewoonlik nie, want die water gaan opraak as ons nie spaar nie. Nee, antwoord die huiswerker, as jy die kraan oopdraai, dan is daar die water mos …. kyk! Ek draai die kraan oop en daar is die water!

Theresa ·

Oe aarde – soos die melk wat by die bottel is – wie het nou koeie en voer nodig?
Een van die groot watervermorsers in ons land is nie noodwendig die land se wettige landsburgers nie. Voordat daardie aspek nie opgelos en ontslae van geraak is nie – word die wetsgehoorsame ouens soos gewoonlik alweer belas met klomp do”s and dont’s ekstra tot wette en regulasies wat bygehou word. Hier in Pretoria plak duisende mense BINNE die begrafplaasgronde. Dus beslis nie meer rustig om geliefdes se grafte besoek nie EN breek kraankoppe af en water stroom. Reusagtige houers word volgemaak uit einste krane en blyplek toe karwy. Betaal nie ‘n sent vir die water nie. Betaal nie ‘n sent vir die verblyf nie. Betaal nie ‘n sent om herstelwerk aan goed wat so gebreek word te doen nie. Dis DIEFSTAL.

paul ·

Gaan jul dit in Nyanga,langa,kayalitsha ens opsit?…………nie so gedink nie.ek betaal juis nie belasting nie oor hulle mos alles verniet kry.Gatvol verby.so ons moet meters kry want die swart wil mos alles verniet kry en ons moet hoes vir dit.nee wat,probeer jul mar daai masjien by my opsit.

Jakoba ·

Hier by ons in Namibia sny hulle die oortreders se water toevoer summier af, maar ek stem saam met jou die grootste oortreders is gewoonlik in die informele woongebiede. Maar mens moet jou ook nou nie blind staar dat mense wat in die voorstede bly en betaal maar nou kan mors soos hulle wil nie, dit maak nou geen sin nie. Al betaal hulle beteken dit nou nie juis dat hulle spaarsamig is nie. Baie is spaarsamig maar daar is altyd daardie paar wat dink hulle kan maar gebruik soos hulle wil.

dirk L ·

Stem saam met Karma. Ek het fotos geneem van informele nedersettings se motorwas-besighede uit brandkrane – die tuinslange word nie eens toegedraai nie. Gestuur aan owerhede wat flou verskonings had. Lyk vir mens jy moet heeltemal van alle stelsels en grids kom en ‘n kleinboer word op jou werfie

Theresa ·

EN, die taxis wat so lekker uit brandkrane en ander mense se betaalde water hul monstervoertuie was, dis ook ‘n cheeck!! Kry die stelers van water voorstok en dan die res vir besparing. Nie so seker dat die toestel diefbestand is nie. Ander issue, né!?

jaco ·

Niemand kan my sê hoe werk die toestel nie. Amptenare by plaaslike munisipale kantoor weet nie eens daarvan nie. Hoe verminder dit waterverbruik?

Sir Hugh Mckerr ·

Very bad to see this. Dams so low to me the raining season is Months behind. Weather hard to say what can happen, but the weather services are very good today and what is shown on news. So all I think rain in the Cape is behind and is around. It’s raining but let’s hope it starts falling in the catchment area. It well rain just have to have faith in the Lord the o,mighty ( GOD ) to help us send us rain. All can do is pray it rains.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.