Kaapstad-waterkrisis: Nog nét water vir soveel dae

Argieffoto: Marianne Styan

Argieffoto: Marianne Styan

Die Stad Kaapstad het Maandag gesê teen die huidige tempo van waterverbruik en die gebrek aan goeie reënval is daar slegs 105 dae se bruikbare water vir inwoners oor.

Die Stad het in ʼn verklaring gesê damvlakke het teen Maandag tot 30% gedaal, wat 1,5% minder is as verlede week. Met minstens 10% van ʼn dam se water wat nie bruikbaar is nie, staan damvlakke wesenlik op 20%,” lui die verklaring.

Volgens die stad het verbruikers daarin geslaag om die daaglikse verbruik te verminder na 751 miljoen liter ʼn dag, 51 miljoen liter meer as die teiken van 700 miljoen liter ʼn dag.

Die Stad het verlede week ʼn plaaslike noodtoestand verklaar.

Ten einde te verseker dat die Stad voorbereid is op alle gebeurlikhede, het Patricia de Lille, uitvoerende burgemeester, die noodtoestand in terme van artikel 55 van die Wet op Rampbestuur verklaar en in die provinsiale koerant aangekondig.

Die verklaring is geldig vir ʼn tydperk van drie maande en kan daarna sonder ʼn stadsraadsbesluit maandeliks verleng word.

“Die Stad kan nou ʼn beroep doen op noodverkrygingsprosedures om die uitvoer van die maatreëls vir die noodtoestand en aanvul van waterbronne te bespoedig. Die noodtoestand is egter nie ʼn verskoning vir inwoners om nie steeds waterverbruik verder te verminder nie en die stad gaan voort om watervermorsing te monitor,” het die Stad vroeër gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gerald ·

Is daar ni n manier om water van n ander rivier te herlei na die Bergrivier toe nie?

Marizaan ·

Daar is ‘n produk op die mark wat water maak uit die atmosfeer. Water From Air is die produk se naam Ek dink dit sal Kaapstad help. Die produk werk rerig en veral in ‘n hoë humiditeits gebiede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.