Kaapstad-waterkrisis: Nog nét water vir soveel dae

water-kraan

Foto: Pixabay.com

Die Stad Kaapstad het Maandag gewaarsku dat daar teen die huidige tempo van waterverbruik en die gebrek aan goeie reënval slegs 129 dae se bruikbare water vir inwoners oor is.

Die Stad het in ʼn verklaring gesê damvlakke het tot 34,5% gedaal, wat 1,7% minder is as verlede week.

“Met minstens 10% van ʼn dam se water wat nie bruikbaar is nie, staan damvlakke wesenlik op 24,5% wat genoeg bruikbare water vir 129 dae is.”

Inwoners en besighede wat reeds water bespaar, is bedank, maar ook gewaarsku dat waterverbruik dadelik verminder moet word.

“Die jongste werklike verbruik staan op 801 miljoen liter water ʼn dag. Dit is 101 miljoen liter bo die jongste teiken van 700 miljoen liter ʼn dag.”

Die Stad gaan voortaan die name van inwoners en besighede wat water onverantwoordelik gebruik en beboet word, openbaar maak.

Verbruikers word aangemoedig om die webblad Think Water te besoek vir handige wenke om waterverbruik te verminder.

Enige oortredings kan aangemeld word by [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

DC ·

Te veel mense. Die huidige dam infrastruktuur is nie voldoende vir die hoeveelheid mense nie, Al is al die damme vol na die winter sal hulle weer leeg raak deur die somer en moet ons van voor af stress oor waterbeskikbaarheid. Gaan die stad Kaapstad wakker skrik wanneer die damme heeltemal leegloop ? Volhoubaarheid is slegs moontlik met goeie beplanning, vooruitbeplanning, nie “crisis management” nie

rose red ·

En dan maak die DA die paving nat in die kaap by die tuie. Regtig!!!!!

Lou ·

Die Kaap is ‘n winter reenval streek. Hulle reen kom seker so Mei maand. Dis nog 2 maande. Daars nog water vir 4 maande (130 dae). Nou nie gerieflik nie, maar ek sien nie juis die krisis nie.

Karma ·

Die ANC het 100’e en 1000’e ondersteuners vir die munisipale verkiesings vanuit die Oos-Kaap na die Wes-Kaap ‘ingevoer’ in ‘n futiele poging om ook die W-K ANC-geregeerd te maak. Na die verkiesings oor is, het dié mense gebly. Geen hoeveelheid infrastruktuur en beplanning kan hiermee – wel, kop bo water hou nie. EK VRA WEER EENS: hoe word waterverbruik in die informele kampe gekontroleer? Daardie mense ken van ‘n kraan oopdraai, maar nie van dit toedraai nie. Vra my, ek weet, ek bly minder as 500m van ‘n groot informele kamp af en SIEN hoe die water dongas klief, waar die krane oopgedraai word, en oop gelos word ……..

Rynhardt ·

Die DA ondersteun nes die Anc regering oopgrense.Na 23jaar gaan jou natuurlike bronne onderdruk kom.Dit wil die klomp liberale nie weet nie.Jan Publiek word beboet terwyl die onwettige immigrante verniet water kry.!

Johannes van Staden ·

Uuhhhmmm almal wil Wes-Kaap toe nou …verlaat die Oos-Kaap ….netso verlaat almal Zim en kom na SA …mors alles op en beweeg na die laaste plekke van orde en kom skep daar weer wanorde …

Ben ·

Ek sien hulle het sowaar nog iewers ‘n koperkraan gekry om af te neem.

Delien ·

Ek woon in Kaapstad. Daar is nog water vir 129 dae? Dis 4 maande. Dan waaroor die bohaai?Ons kry ons reen in die herfs- gewoonlik April. Dis n winterreenvalgebied.
Kom winter, loop al die lieflike reenwater see toe! Want die dam wat gebou sou word is na 1994 nooit gebou nie!Nou kry ons di skuld. Intussen ry maar in enige van die informele areas in, daar staan altyd n kraan OOP! (Dit het ek by menige tuindiens gehoor) Stop,maak toe, ry weer verby dieselfde pad uit, met di werkers, dan is dieselfde kraan weer OOP en die water loop net.
Stadsraad MORS water, sien baie hoe water oral net spuit.Waterlekke. Dis nie die gewone inwoners se skuld nie. Ons almal spaar water- ons grasperke is weg en dis net sand.
DA moet hulleself uitsorteer en stop om ons te blameer. Hul kan vir een die informele areas gaan opvoed om krane toe te daai.

Zoni ·

Die enigste oplossing vir ons streek, wat n Winter reenval streek is;
Dat soos daar opvoeding gegee is met vigs, so ook opvoeding gegee word met verbruik van water. Ons is van die mees waterskaarste lande ter wereld en asb …. gaan kyk hoe dit in die informele woonbuurtes gaan! Aaagh moet nie eers so ver gaan nie. As jy n huishulp het, sien hoe onverskillig daar met water omgegaan word. Dis n skande dat die mense wat nie regtig skuldig is aan water misbruik, gestraf moet word. Straf eerder die wat werklik water misbruik. Soos lekkende krane en keane wat oop maar nie weer toegedraai word nie.
Laat die persone wat parkeer kaartjies goedsmoets uitskryf, liewers in die informele woon areas gaan polisieman speel om water te Bespaar
Ik heb geseght

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.