Kaapstad-waterkrisis: Noodskemas op dreef

Argieffoto: https://pixabay.com

Met nog net genoeg bruikbare drinkwater vir nagenoeg 100 dae het die Stad Kaapstad gesê hy is in die proses om noodaanvullingskemas gereed te kry.

Volgens Xanthea Limberg, burgemeesterskomiteelid vir waterdienste, het damvlakke teen Maandag tot 26,2% gedaal, wat 1% minder is as verlede week. “Met minstens 10% van ʼn dam se water wat nie bruikbaar is nie, staan damvlakke wesenlik op 16,2%, wat genoeg bruikbare water is vir 100 dae as dit teen die huidige tempo verbruik word,” het sy gesê.

Limberg het gesê inwoners het die afgelope week 741 miljoen liter water per dag verbruik, wat 41 miljoen liter bó die teiken van 700 miljoen liter is.

Sy het ʼn beroep op alle huishoudings gedoen om waterverbruik verder te verminder. “Die hoeveelheid reën wat oor gedeeltes van die metro geval het, sal nie veel aan die damvlakke maak nie. Dit is verder belangrik dat ons nie meer water as wat benodig word tydens die komende wintermaande gebruik nie. As elke persoon sowat 100 liter ʼn dag gebruik, sal ons ons teiken bereik.”

Limberg het gesê die stadsraad is besig om die gebruik van noodaanvullingskemas in werking te stel, waaronder die Tafelbergakwifeer, ʼn klein ontsoutingsaanleg en ʼn aanleg wat afvalwater herwin.

“Ons sal ook geleidelik die waterbeperkings strenger maak en die waterdruk verminder om nog water te bespaar. Dit kan in sommige gevalle watertoevoer tot groot dele van die metro raak,” het sy gesê.

Verbruikers word aangemoedig om die webblad Think Water te besoek vir nuttige wenke om waterverbruik te verminder.

Lees ook: Kaapse waterkrisis: Wat word gedoen?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

anti-skoonkar ·

Maar hoekom is daar op ‘n Sondag middag in die Somerset Wes en Strand areas ten minste 6 karwasserye wat voluit werk?

Waar kom daai ouens se water vandaan?

Ek ry met ‘n geruste hart my vuil kar en slaap rustig met die wete dat ek op so ‘n manier water spaar.

Varkie ·

Dis nou al 100 dae van twee maande terug. Die media byt net die storie uit, ek glo nie dit sal ooit bereik word nie, daar sal intussen iets gebeur.. hopelik

Francois ·

Varkie, jy is heeltemal reg. Ek bly in Kaapstad en daar word al sedert Desember verlede jaar gesê daar is ongeveer 100 dae se water oor. Ek glo ook nie meer dié syfer nie. Die owerhede weet òf nie waarvan hulle praat nie, òf hulle weet daar is eintlik genoeg water om ons tot die winter deur te dra, maar wil dit nie hardop sê nie sodat Kapenaars darem nog spaarsamig met water omgaan.

Vincent ·

Kyk hoe loop die water by Wallesdene Kraaifontein. Was karre in die pad en lopende pyp lê op die vloer. Tot 6 karwasplekke naby die polisie stasie. Doen asb iets daaromtrent.

John ·

Net diegene wat vir water betaal, spaar water. Die groot-bohaai-toilette wat gebou moes word werk seker oortyd so ook die krane in die plakkerskampe. Te veel vreemdes in die Kaap en hulle voel vere. “Water, water everywhere and not a single drop to drink”… ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.