Kaapstad-waterkrisis: Noodtoestand verklaar

Patricia de Lille. Argieffoto: Via Twitter

Patricia de Lille. Argieffoto: Via Twitter

Die Stad Kaapstad het te midde van die teisterende droogte in die Wes-Kaap ʼn plaaslike noodtoestand verklaar.

Die Stad het in ʼn verklaring gesê damvlakke het teen Maandag tot 31,5% gedaal, wat 1,6% minder is as verlede week.

“Met minstens 10% van ʼn dam se water wat nie bruikbaar is nie, staan damvlakke wesenlik op 21,5% wat genoeg bruikbare water vir 113 dae is,” lui die verklaring.

Volgens die stad het verbruikers daarin geslaag om die 800 miljoen liter daaglikse verbruik te verminder na 783 miljoen liter ʼn dag. “Ons het egter nog nie die nuwe teiken van 700 miljoen liter ʼn dag bereik nie.”

Ten einde te verseker dat die Stad voorberei is vir alle gebeurlikhede, het Patricia de Lille, die Stad se uitvoerende burgemeester, die noodtoestand in terme van artikel 55 van die Wet op Rampbestuur verklaar en dit Vrydag in die provinsiale koerant aangekondig.

Die verklaring is geldig vir ʼn tydperk van drie maande en kan daarna sonder ʼn stadsraadsbesluit van maand tot maand verleng word.

“Die Stad kan nou beroep doen op noodverkrygingsprosedures om die uitvoer van die maatreëls vir die noodtoestand en aanvul van waterbronne te bespoedig. Die noodtoestand is egter nie ʼn verskoning vir inwoners om nie steeds waterverbruik verder te verminder nie en die stad gaan voort om watervermorsing te monitor,” het die Stad gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

jaco ·

de lille moenie dink sy gaan hulp van die nasionale regering kry nie. sy is klaar “not black enough” vir haar eie party. Die Kaapse metropool se meerderheid van blankes en kleurlinge is vir die ANC regering seker ook “not black enough” vir noodbystand. Hierdie droogte kom net op die regte tyd vir die ANC. Hulle gaan dit gebruik om die DA-ondersteuners in Kaapstad te “nail” en hulle gaan dit gebruik om wit boere finaal van hulle plase af te kry.

?? ·

Ek is nou dom, maar wat beteken dit nou eintlik om “n noodtoestand te verklaar”? Dis nie asof dit eningsins water in die damme in gaan toor nie. Om mense derduisende rande te boet as straf vir die onbedagsaamhein wat hulle aan die dag lê, is alles goed en wel (en ek stem ook daarmee saam) maar dit gaan verseker ook nie water in die damme in toor nie.
Kan iemand wat meer ingelig is as ek, asb vir my verduidelik wat die resultate van n verklaarde noodtoestand is? Sonder om nasty te wees……….

Jaco ·

Kan iemand aan my verduidelik hoekom hul nog nie daaraan gedink het om dalk seewater aan te le na uitbredings om bv toilette mee te spoel nie? Ek meen, daar is konstant nuwe ontwikkelings, hul kan mos saam met die varswater pype, seewater pype aanle, veral by groot sentrums en buurtes teenaan die see, dit sal n verskil maak.

marous ·

Heeltemal reg Jaco. In die ooste word seewater al vir jare gesuiwer . Hulle sukses verhaal is te danke aan hul regerings wat vir die mense werk en nie anders om soos hier nie.

bets van Aswegen ·

Jaco, my huis het nie ‘n aparte pyp vir die toilet nie…. seewater laat baie pype roes, en omdat baie lande die seewater gebruik, en daar min vars water inloop, word die see water souter, en dit veroorsaak vrekte onder die seediere.

se maar net ·

en soooo hoor ons daagliks van water pype wat gebars is op bokradio waaraan niks gedoen word nie…

Johann ·

Jaco seewater het ‘n geneigdheid om alles op te laat roes. Gebede help partykeer beter as offer hande

Tiep ·

In die Seychelles gebruik hulle slegs seewater. Mens kry toerusting wat water ontsout. Dit kos baie duur en daarom gebruik hulle dit nog nie aan die vasteland nie.

Jaco ·

Johann, in Hong Kong werk 80% van alle toilette op seewater, dit werk inderdaad baie goed en spaar hul Tonne water. Ek stem saam, n mens moet bid vir reen, maar dit beteken nie n ou moet passief terug sit hande gevou nie.

Eddie ·

Daar is een vraag wat ek wil vra? Nou met die dam vlakke wat so laag was vir honderde km en veral die opvangs damme. Hoekom het niemand daaraan gedink om die damme dan dieper uit te grawe nie. Want om n nuwe dam te bou gaan miljoene kos. Pleks maak hulle die damme net dieper en haal die grond en klip uit wat al oor die jare afgepoel het en WALLA!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Jy het n dam wat meer water kan berg. Maar net n vraag.

bets van Aswegen ·

Ek het daardie vraag ook gevra, maar hulle bou liewers die damwalle hoër. 32 jaar gelede was daar ‘n praatjie op RSG waar ek ingebel het en dieselfde vraag aan ‘n proffessor gevra het. Mens hoor die dam is 100% vol, en dan mors hulle met die water. Toe ek hom sê dat ons gaan nog ‘n eendag ‘n watertekort in die land hê, toe lag hy my uit, en sy woorde was: Mevrou dit saL NOOIT GEBEUR NIE. wens ek kan hom nou aan sy strot beetkry.

Stoffelse ·

Net jammer jy hammer op dieselfde noot wat keer op keer gebruik word om ander rasse te diskrediteer. Ek moet se verbasend verwys jy nie na dieselfde rasse groep wat elke dag uitgesonder word. Die selfde wit rassegroep war hulle elke aand in hul huise toesluit.

Jannie ·

Ek dink Zille se idee moet uitgevoer word. Le ‘n pypleiding aan vanaf Knysna en omstreke. Probleem opgelos.

Rynhardt ·

Almal weier om oopgrense aan te spreek.SA bars uit sy nate! Natuurlike hulpbronne gaan onder groot druk verkeer! Die situasies in Zimbabwe en Mosambiek is nie goed nie.Wanneer daai chaos oorspoel na SA, het jy helse probleme! Al jou politici weier om na die groter prentjie te kyk en ignoreer dit met mening!SA gaan n vulkaan word wat gaan ontplof.

david ras ·

In 2010 ontmoet ek ‘n man in Kaapstad langs die straat terwyl ons wag dat die Klopse moet begin. Hy was blykbaar ‘n redelike senior amptenaar in die Kaapstadse water afdeling. Op ‘n vraag oor die water voorsiening in Kaapstad, vertel hy dat hulle destyds besig was om die laaste dam in die Bergrivier te bou. Vogens hulle projeksies sou hulle water probleme begin kry in ongeveer 2013/14 as gevolg van die geweldige toestroming uit die Oos Kaap.
Dis sy laaste sin wat by my vassteek—“meneer jy onthou ons het nie nog riviere om op te dam nie”
Dit lyk of hulle projeksies waar geword het—daar is eenvoudig te veel mense in Kaapstad ….!

Tiep ·

David, ek stem saam met jou dat mens die probleem baie duidelik kon sien kom d.m.v eenvoudige grafieke. Die Eskom probleme was ook voorspelbaar en al wat die situasie kon red was, ironies genoeg, die ekonomie wat afneem, ook genoem die “Zuma effek”. Terloops, ek is bly dat van jou skrywes nog geplaas word.

Louis ·

Graag wil ek net verneem hoelank gaan ons nog hier water beperking het waar al ons damme reeds 103% vol met water is. In Gauteng is dit so moelike om net te sê water nou terug na normaal maar werk spaar saam Asb. Dankie Maroela vir jul terug voer !!!

Fanie ·

Louis jy gaan my skel, maar ek dink waterbeperkings in ‘n ligter mate moet steeds behou word – ons mense mors met water.

Louis ·

Dankie Fanie ek stem maar wanneer gaan hulle iets vir ons vertel Vaaldam nou 104% sien ek op Rand Water Raad Web tuiste. Baie maar baie loop nou terug See toe in Vaal rivier onbenut. Groete

Jef ·

Dis reg seewater laat die waterpype vinnig roes maar daar is n manier om sout uit seewater te onttrek en die proses word genoem Omgekeerde Osmose.

Aitoggie ·

Ek verstaan hierdie regering nie. Hulle wag totdat alles “op” is, dan eers is dit noodtoestande of waterbeperkings. Net soos ons hierin NW en Gauteng. Die Vaaldam was basies leeg, toe word waterbeperkings ingestel. Verstaan dit nie baie mooi nie.

Theresa ·

Wat die roes wat seewater aanbetref: Daar is mos ander soort pype wat gebruik kan word wat nie kan roes nie. Dis beslis ‘n idee wat lankal in werking gestel moes gewees het. Daar is ook ‘n person (kan ongelukkig nie sy naam onthou en in watter dorp hy woon nie) wat jare gelede al begin het om seewater te ontsout. Glad nie onmoontlik nie en gebruik dan net nie staalpype nie. Wanneer dit by so iets lewensbelangrik soos water kom, kan mens tog nie penny wise and pound foolish optree nie. Kry die nodige ingenieurs in om ordentlike beplanning te doen en elke kusdorp kan seewater vir die nodige gebruik. Mens kan dit bloot nie drink nie – verder is dit helend en WATER! Hoop regtig dit realiseer betyds.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.