Kaapstad-waterkrisis: Optrede teen watervermorsing geëis

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

Die VF Plus het in ʼn skrywe Helen Zille, die premier van die Wes-Kaap, versoek om maatreëls in te stel en streng op te tree om die vermorsing van water te beëindig.

Dr. Corné Mulder, leier van die VF Plus in die Wes-Kaap, het in ʼn verklaring gesê dit volg nadat ʼn videogreep op sosiale media geplaas is waarin gesien kan word hoe mense lang rye hoofsaaklik minibus-taxi’s in die straat was terwyl water in die straat afloop.

Mulder het gesê dit is “totaal onaanvaarbaar” dat mense toegelaat word om oënskynlik ongemeterde, gratis water op groot skaal vermors terwyl diegene wat vir water betaal, onder streng beperkings staan en boonop beboet word indien hulle die beperkings oorskry.

“Die VF Plus versoek mev. Zille om streng maatreëls in te stel en toe te pas wat informele ondernemings sal verbied om water te vermors,” het hy gesê.

“Die mense op die video het duidelik kennis geneem van die stad se besluit dat informele woongebiede nie deur Dag Zero geraak sal word nie. Dit is onaanvaarbaar en daar moet opgetree word. Die VF Plus sal hieroor ʼn wakende oog hou.”

Today I personally went to Film WATER WASTERS !!! Ep.1What’s your thoughts Cape Town …I will be going to more areas, RICH & POOR in the next few weeks!City of Cape TownHEART FMGOOD HOPE FMCape TimesKfm 94.5Democratic AllianceCape Argus

Posted by Gershwin Williams on Tuesday, January 23, 2018

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Hoe nou? ·

Hoe nou? Die krane sal nooit leeg word! Skokkend maar waar dat daar nie vir more voorsiening gemaak word, daarom die geld by munisipaliteite wat ontbreek vir instandhouding en uitbreiding. Die neseiers opgebou reeds hiervoor het sedert 1994 verdwyn.

Frikkie ·

Die vraag is.. Gaan hulle optree, hoogs waarskynlik nie anders word daar verseker weer klippe gegooi en afgebrand.

MC Van Zyl ·

Totaal onaanvaarbaar! Soveel wette maar meerderheid steur hul daaraan nie!

Johannes ·

Darem snaaks wie dit is wat probeer spaar en wie dit is wat net mooi niks voel en bly mors…. luister net na die woongebiede wat genoem word. Kyk net na die video.

Ronel ·

Dit om as geen verrassing nie. In Kroonstad was ons in dieselfde bootjie nie te lank terug nie (okay ons is ‘n dorp. Daai is stad ens….) feit is water gaan opraak. Any way. In ons straat woon ‘n polisieman wat lekker sy tuin gestaan en natlei het net voor ons krane opgedroog het. Ek het by hom gestop en gevra of hy weet van die waterbeperkings en die -krisis. Hy het dreigend nader gekom. Sy vet vinger in my gesig gedruk en gesê whatch it white b.tch, I know where you live. NEt daar het ek kliphard in sy gesig gelag en gesê “Same here dude” Hy’t nie geweet wat om te sê nie en gesê ek moet f.off. Toe sê ek “with pleasure”. Hy bly nog daar. En ek bly nog waar ek gebly het. Sy tuin lyk horrible.

Jane ·

Hier af in my straat in Kaapstad staan ‘n man ‘n maand gelede en spuit sy plaveisel nat. Ek kon my oë nie glo nie. “Oom, weet Oom mens mag nie tuin met ‘n tuinslang nat maak nie?” En daar kom druk hy sy vet vinger ook in my gesig en vertel vir my ek is die een wat water mors, nie hy nie. Hy gebruik blykbaar grys water. (tussen hakies: grys water is bedoel vir toilette, nie plaveisel nie) Wel, OOM, daar is nou ‘n groen kaart beskikbaar op die internet vir almal om te sien. As jy water spaar, het jy ‘n groen kol op jou erf. Daar is nie ‘n groen op jou erf nie, so duidelik mors jy water.

Boerseun ·

So wat van die water op al die sport gronde en golfbane.

HPV ·

Indien tred gehou was met die uitbreiding van die water infrastruktuut teenoor bevolking aawas, ook oorgrens aanwas, sou daar geen probleem gewees het nie. Die droogte is nie die probleem, maar wel afwesigheid van beplanning. Die droogte is wel ‘n baie gerieflike verskoning vir die afwesigheid van enige beplanning en die wat die beplanning moes doen!

Herman van Tonder ·

Ons moet water bespaar maar wat van al die sport wat aangebied word in hierdie droogte tyd

Vermeende ·

Afrika sentiement,
Kos kom nie van boere af nie maar van P&P
Water kom nie van damme en reen af nie maar uit krane.
As n man nie wil hoor nie dan moet hy maar voel!

Boy van die Suburbs ·

Stem 100% saam met jou! Geen water! Geen elektrisiteit & geen voedsel is ons voorland! Alles gaan tot stilstand kom!

Hans ·

Die Vroue in Slaapstad het nog nie eerlik geantwoord op waterkrisis nie. Dit gaan reën van Vloed omvang vat om dekade van droogte en slegte landbou praktyke teen te werk. Wat gaan van tonne sout met ontsouting van seewater word? Feit is, Weskaap is oorbevolk. Die Werk vir Water het ook bygedra, want waar woude uitgekap word, word die mikro-klimaat versteur, die grond uitgedroog en verdamping verhoog.
Ek jaar brand die plakkerskampe of verspoel dit, want dis op vleiland grond gebou.
Die oorprysde duur Kaap borrel is besig om te bars.

Lientjie ·

Gaan kyk in die townships en taxi ranks hulle was voertuie dat die water spat.

snoefie ·

mense julle vergeet, net wit honde ry vuil karre. weereens, installeer vir hulle krane in hulle huise ,/ erwe en laat hulle betaal bir water gebruik

Stukkie van der Merwe ·

Die dilemma in Slaapstad is maar net die piek van die Ysberg, van wat nog vir die res van ons Lala Land voorlê!

Daan ·

Die DA stel teleur ek het gedink hulle is beter maar die feite wys dit nie.

Stag ·

Almal blameer nou die DA vir die krisis. ek praat hulle nie goed. Die anc het der duisende in gebus kaapstad toe om n verkiesing te wen. HOP huise gebou om aan wind te bly. hulle het net aan hulself en geld sakke gedink. niemand aan water.

Hennie Smit ·

Die waterkrisis is bewys dat regeringstrukture onbevoeg is. Die behoeftes van burgers word eenvoudig ignoreer. Dis nou baie laat in die dag maar nie te laat om te begin voorsorg tref: Behuising moet eenvoudig opgaartenks en sonpanele kry as voorwaarde vir oprigting; Infrastruktuur hou nie tred met bevolkingsaanwas; Bevolkingsaanwas (natuurlik en migrasie) gaan ongestoord voort terwyl hulpbronne aan hul eie lot(meestal) oorgelaat word.
Nou word Weerburo blameer!? Dit op sigself is ‘n probleem maar nie kern oorsaak.
Politieke wil ontbreek .

MS ·

Nee wat dis maar tipies van ons land. Die minderheid wat betaal ‘suffer’ en hulle krane gaan leegloop. Maar die massas in plakkerskampe wat nie betaal nie sal nie geraak word deur Dag Zero nie. Hoekom sal hulle dus bespaar? Belaglik!

Anita ·

Nou moet n pensionaris wat 84 jaar oud is en net 1 kiloliter water gebruik per maand R145,00 betaal. Dit is n skande Stad Kaapstad om bejaardes so uit te buit.

bgj van der westhuizen ·

ja en dan se die stad kaapstad dat hulle net 4% water gebruik ha ha ek is op n boord van n kompleks en ons het privaat water meter by elke flat in gesit oor daar so water gemors word is en die inwoners nie luister nie en toe het ons die volgende bevind dat die meeste flats wat swart inwoner bly die grootste water verbruikers is en ook veral swart buitelanders wat uit somalie kom hulle gee glad nie om nie wand as jy nie vir water betaal nie dan gee jy glad nie om nie te mors nie

Cherokee ·

Julle ‘boord’ van die kompleks moes lankal wakker geskrik het (soos ons gedoen het) en watermeters by elke woonstel laat doen het wat deur die munisipaliteit gelees en gehef word. Elke woonstelbewoner betaal na gelang van hul gebruik. Rekening van water by elektrisiteitsrekening ingesluit. Julle skep probleme vir die woonstelblok omdat julle dinge nie reg doen nie.

thinking ·

Mense beself lyk my regtig nie hoe droog dit hier in kaap is nie.Ons betaal vir elke liewe druppel water waar ander dit gratis en verniet mis bruik.wonder wat gaan gebeur as day zero kom .Gaan hulle dan ook brand oor water

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.