Die droogtegeteisterde Wes-Kaap, wat teen April sonder water kan wees as daar nie genoeg reënval is nie, se toerismebedryf is ʼn harde hou toegedien.
Amptenare van die Stad Kaapstad, die land se toerismehoofstad wat spog met wêreldbekende aantreklikhede soos Tafelberg, het waterverbruik van 87 liter per persoon per dag na 50 liter per persoon verminder, wat op 1 Februarie in werking sal tree.
Daar word voorspel dat Kaapstad se krane nou teen 12 April sal droogloop. Dié dag is “Dag Zero” gedoop – die dag waarop alle krane in die stad toegedraai sal word en mense by ongeveer 200 persele oor die Skiereiland heen moet toustaan vir water.
“Die waterkrisis het ʼn aansienlike uitwerking op toerisme. Ons is deur ons lede in kennis gestel dat hulle kansellasies van nasionale én internasionale reisigers ontvang,” het Enver Duminy, uitvoerende hoof van Kaapstad Toerisme, Vrydag gesê.
“Voornemende besoekers het vrae en soek duidelikheid oor die waterkrisis en gebeurlikheidsplanne vir Dag Zero. Solank daar onsekerheid is oor die waterkrisis, sal daar ʼn uitwerking op die bedryf wees.”
Die Reis-en-Toerismewêreldraad het beraam die toerismebedryf het in 2016 nagenoeg R400 miljard tot Suid-Afrika se bruto binnelandse produk bygedra en bevorder ook werkskepping.
Duminy het gesê Kaapstad Toerisme was sedert die begin van die waterkrisis deel van die veldtog om te poog om waterverbruik van toerismeondernemings te verminder en die boodskap aan besoekers oor te dra.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
21 Kommentare
Ek voel soos ‘n afkop hoender in ‘n tuimeldroër. Een berig sê dit en ‘n ander dat. Konflikterende informasie. Die water gaan opraak, nee dit kan nog gekeer word. In Maotland staan mense van die oggend tot die aand tou met hul plastiek kannetjies, spaar water, nee net God kan ons help. Ek is al so deurmekaar ek weet nie hoe om voor te berei of wat aangaan nie.
Maitland
Do not fear when Cyril is near, hy en ‘n span van die ANC gaan die WesKaap red, sê hy.
Moenie komkommer nie, Magda, uitvoerende hoof van die batebestuurder Signia in Johannesburg, het in ‘n ope brief vir Cyril gevra dat hy die WesKaap moet gaan red.
Gaanhy n reuse pyp van die Transvaal af Kaap toe le? Dan kan ons Kapenaars dalk so gered word en dan kry die arme Transvalers weer swaar of gaanhy met die spoed van lig die seewater ontsout?
Wat kan Cyril doen? Dalkgroot skepe met ys en sneeu van Europa laat bring?