Kaapstad-waterkrisis: Toeriste kanselleer besoeke

Die Stad Kaapstad. Foto: Phillip Bruwer

Die droogtegeteisterde Wes-Kaap, wat teen April sonder water kan wees as daar nie genoeg reënval is nie, se toerismebedryf is ʼn harde hou toegedien.

Amptenare van die Stad Kaapstad, die land se toerismehoofstad wat spog met wêreldbekende aantreklikhede soos Tafelberg, het waterverbruik van 87 liter per persoon per dag na 50 liter per persoon verminder, wat op 1 Februarie in werking sal tree.

Daar word voorspel dat Kaapstad se krane nou teen 12 April sal droogloop. Dié dag is “Dag Zero” gedoop – die dag waarop alle krane in die stad toegedraai sal word en mense by ongeveer 200 persele oor die Skiereiland heen moet toustaan vir water.

“Die waterkrisis het ʼn aansienlike uitwerking op toerisme. Ons is deur ons lede in kennis gestel dat hulle kansellasies van nasionale én internasionale reisigers ontvang,” het Enver Duminy, uitvoerende hoof van Kaapstad Toerisme, Vrydag gesê.

“Voornemende besoekers het vrae en soek duidelikheid oor die waterkrisis en gebeurlikheidsplanne vir Dag Zero. Solank daar onsekerheid is oor die waterkrisis, sal daar ʼn uitwerking op die bedryf wees.”

Die Reis-en-Toerismewêreldraad het beraam die toerismebedryf het in 2016 nagenoeg R400 miljard tot Suid-Afrika se bruto binnelandse produk bygedra en bevorder ook werkskepping.

Duminy het gesê Kaapstad Toerisme was sedert die begin van die waterkrisis deel van die veldtog om te poog om waterverbruik van toerismeondernemings te verminder en die boodskap aan besoekers oor te dra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Lizette ·

Ek voel soos ‘n afkop hoender in ‘n tuimeldroër. Een berig sê dit en ‘n ander dat. Konflikterende informasie. Die water gaan opraak, nee dit kan nog gekeer word. In Maotland staan mense van die oggend tot die aand tou met hul plastiek kannetjies, spaar water, nee net God kan ons help. Ek is al so deurmekaar ek weet nie hoe om voor te berei of wat aangaan nie.

Pieter ·

Do not fear when Cyril is near, hy en ‘n span van die ANC gaan die WesKaap red, sê hy.

Pieter ·

Moenie komkommer nie, Magda, uitvoerende hoof van die batebestuurder Signia in Johannesburg, het in ‘n ope brief vir Cyril gevra dat hy die WesKaap moet gaan red.

Lcom ·

As daar een ding is wat Cyril nie kan doen nie is water maak,so wat praat julle hy kom dit regstel . Los liefs vir Cyril om die krimenele uit te sort , daai droom dat almal werk het word miskien net waar.

Put sonder water ·

Gaanhy n reuse pyp van die Transvaal af Kaap toe le? Dan kan ons Kapenaars dalk so gered word en dan kry die arme Transvalers weer swaar of gaanhy met die spoed van lig die seewater ontsout?
Wat kan Cyril doen? Dalkgroot skepe met ys en sneeu van Europa laat bring?

Daan ·

Kaapstad is net die voorloper die res van die land is volgende geen planne vir die bou van meer opgaardamme of verbetering aan bestaande damme nie

AP ·

Dit is alom bekend in die Weskaap dat paasnaweek die tyd is wanneer die seisoen draai, gewoonlik kry ons lekker reen oor die naweek, mense kom ons hoop en bid vir sommer baie reen oor paasnaweek!

Johannes ·

Darem Een positiewe kommentaar. Een vraag…. Ken julle die God wat ek Dien…. Ek twyfel.. Onthou Gauteng verlede jaar die tyd? God het binne kwessie van twee van twee weke nie net Een dam nie almal laat vol reen.Bid glo en vertrou

Elmer Swanepoel ·

Ek en my vrou is rustig hier in S/wes. Ons het 5 kinders in Centurion en Tshwane by wie ons sal kan kuier as die tyd kom.

Daan ·

Pretoria se naam is nie verander nie Tshwane is die munisipaliteit FYI

Frans C ·

Op Google earth kan ‘n mens duidelik sien dat Suidelike Afrika van die Weskus af na die binneland alhoemeer soos die Sahara begin lyk.

Dit voorspel niks goed vir mense aan die Suid punt van Afrika.

Pop ·

Ek het n baie ontstellende video gekry van iemand wat in khayalitsh afry en daar staan rye en rye taxis wat met tuinslange gewas word en water wat uit krane uitstroom en pad af loop. ?nou hoekom kla niemand daai mense aan nie. Of draai daai water se toevoer af.

Nel ·

Ja en waar is die kroonprins van die ANC, ene Cyril R, nou om die spul aan te spreek wat so water mors en as hy klaar sy draai daar gemaak het kan hy sommer by Hoërskool Overvaal gaan inloer en die spul rampokker daar vasvat! Dan doen hy tenminste iets wat die moeite werd is, pleks van in Davos rondlê en leë beloftes aan die wêreld opdis.

Oom Koos ·

Wie moet die skuld kry vir die waterkrisis in die Wes-Kaap? Natuurlik Jan van Riebeeck en sy mense. Hulle moes na die ANC geluister het en nie destyds sulke groot opgaardamme gebou het nie. As die damme die helfte kleiner was, was daar nog baie water oor vir die Kapenaars.

susan ·

Stel Woordfees af al die vername tantes sal beslis elke keer wil stort voordat hulle hulle nuwe uitrusting en duur juwele vervang vir die volgende opvoering. Hulle sal beslis nie in toue staan vir water so maak die water sommer baie duur oor daardie tydperk.

LB S ·

Susan, dan gaan hulle nog voortgaan met die Twee Oseane tydren hier in die Kaap ook! Slegs DAE voor die sogenaamde Dag Zero!

jaco ·

Gaan bid vir reën help? So ‘n jaar gelede het ‘n ANC-raadslid gesê die droogte is die Here se straf op die Wes-Kaap wat aanhou DA stem. En nou sien ek water raak erg min in 2 munisipaliteite in die Oos-Kaap wat ook onder DA beheer is.
Blykbaar steun die Here eerder ‘n party wat hou van korrupsie, staatskaping, afwater van christelike godsdiens in skole, regstellende aksie wat wit mense verarm, vuil en swak staatshospitale, slaggate in paaie… Gelukkig word plekke waar dit só gaan onder ANC-beheer, darem deur die Here met genoeg reën geseën.

Jacques Venter ·

Nel
Jou opmerkings is so waar en televant.
Jy is reg. Cyril moet nie in Davos wees om SA se saak te stel nie.

Hy moet by die taxi ranks in die Kaap wees om te keer dat hulle nie hulle voertuie met tuinslange was nie.

Met sulke breinkrag het ek hoop vir Suid Afrika

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.