Stellenbosch-munisipaliteit sal ook in die lig van die droogte in die Wes-Kaap vlak 4-waterbeperkings vanaf 1 Junie 2017 instel.
Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, het die provinsie vroeër as ʼn rampgebied verklaar.
“Die nuwe vlak van waterbeperkings is baie streng en ek versoek inwoners om hulself te vergewis van die veranderinge en daaraan te voldoen,” het Gesie van Deventer, burgemeester van die Stellenbosch-munisipaliteit, gesê. “Ons is nou meer as ooit in ʼn krisis. Dit is uiters noodsaaklik om water te bespaar.”
Vlak 4-waterbeperkings verbied enige besproeiing met munisipale drinkbare water. Dit sluit die natlei van tuine, landboubesproeiing, besproeiing van sportgronde, gholfbane, skole kwekerye, parke en enige ander publieke spasies in. Kwekerye en persone wat by landboubedrywighede of historiese tuine betrokke is, mag aansoek doen vir kwytskelding.
“Alle inwoners wat boorgatwater of behandelde afvalwater, fonteine of putte gebruik om hul tuine nat te lei, moet dit duidelik aandui en die bron aandui,” het Van Deventer bygevoeg.
Die nasionale departement van water en sanitasie vereis dat alle boorgate en putte by die plaaslike munisipaliteit geregistreer moet word. “Inwoners moet dus hul boorgate by die munisipaliteit aanmeld. Meer inligting hieroor is op ons webwerf beskikbaar.”
“Vir residensiële gebruikers beteken dit dat geen voertuie, sleepwaens, karavane of bote met munisipale water gewas mag word nie. Wat betref ondernemings, mag geen voertuie, sleepwaens, karavane of bote met munisipale water gewas word nie, tensy kwytskelding toegestaan is. Dit sluit formele en informele motorwasserye in.”
Klik hier om te sien wat deur vlak 4-waterbeperkings verbied word.
Van Deventer het gesê ʼn nuwe stel watertariewe word ook saamgestel vir publikasie. Dit sal deur advertensies in plaaslike koerante gepubliseer word vir kommentaar van die publiek. Die nuwe tariewe tree op 1 Julie 2017 in werking.
Indien water vermors word, kan dit direk by die munisipaliteit aangemeld word by 021 808 8215 of 021 808 8953.
Hoekom tariewe verhoog? Daardie tariewe kom nooit weer af nie, al loop die damme ook oor. Vind asb ander afskrikmiddels!
Ag Here stuur die reen. Ons het 350 mm in 4 dae gekry laas week. Here U kry al die Eer. Dink aanndie Wes Kaap. Ons roep die reen AMEN
Ag Here stuur die reen. Ons het 350 mm in 4 dae gekry laas week. In Natal Here U kry al die Eer. Dink aanndie Wes Kaap. Ons roep die reen AMEN
Ag Here stuur die reen. Ons het 350 mm in 4 dae gekry laas week. In Natal Here U kry al die Eer. Dink aan die Wes Kaap. Ons roep die reen AMEN
Ons hoop almal dat die Kaap vroeg hierdie seisoen goeie en deurdringende reën sal kry.
Hoekom moet mense hulle boorgate aanmeld? Klink soos n resep vir kwaadoeners om te begin moor vir water…. Daai water is ook nie n onuitputtende bron nie.