Kaapstad wil brug na Ingrid Jonker vernoem

Ingrid Jonker

Ingrid Jonker

Kaapstad wil verskeie brûe in die stad vernoem na bekende inwoners wat ʼn belangrike bydrae tot die stad se geskiedenis gelewer het.

Die stad se benamingskomitee sal met Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, vergader oor die aangeleentheid. Ricardo Mackenzie, woordvoerder van kulturele aangeleenthede en sport, het gesê die voorgestelde naamsveranderinge is vir die brûe oor Nelson Mandela-rylaan van die N2-hoofweg af en vir Rhodes-weg langs die M3.

Die stad het advertensies in verskeie media geplaas om inwoners aan te moedig om hul menings te lig oor die voorgestelde naamsveranderinge. Volgens Mackenzie was die publiek se terugvoer grotendeels positief.

Die stad wil onder meer die brûe vernoem na die bekende digter Ingrid Jonker, die oud-priesters John Oliver en Basil van Rensburg, die bekende vermaaklikheidspersoonlikheid Taliep Petersen, die “vader van Islam in Suid-Afrika” Tuan Guru, die Khomani San-leier Dawid Kruiper en Klaas Stoffel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

ALLES in ‘n stad of dorp moet net vernoem word na persone wat iets beteken het vir daardie gemeenskap.
Ek sien Jan van Riebeeck mis uit by die brue . . .

Eliza-beth ·

Beter as NOG ‘n Mandela of Madiba of watookal (ooo en dink net ZUMA…) brug. Ingrid verdien dit, so ook baie ander skrywers lewendig of dood wat groots is/was. Verkies egter steeds plant of dierename – daar is derduisende opsies en myns insiens baie beter en non-polities

Liewe lulu ·

As da n zzzzzzuma brug is gaan bitter min mense die brug gebruik. Net nou stort hy ineen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.