Kaapstad wil skatryk Rus se seiljag verbied

Alexei Mordasjof se luukse seiljag, Nord in Hongkong se water (12 Oktober 2022) (Foto: Peter Parks/AFP)

Kaapstad se burgemeester probeer voorkom dat ʼn superseiljag ter waarde van sowat R9 miljard die stad se hawe binnekom.

Geordin Hill-Lewis sê hy het dr. Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, skriftelik versoek om in te gryp en seker te maak die seiljag word nie in die Republiek toegelaat nie. Alexei Mordasjof, ʼn Russiese oligarg, is na bewering aan boord. Dit is sy seiljag en hy is van Hongkong af op pad na Suid-Afrika.

“Suid-Afrika het ʼn morele plig om te doen wat ons kan om ongeregverdigde oorlog, staatsterreur en die growwe skending van menseregte teen te staan. Ons moet opstaan teen ekspansionistiese imperialisme waar ook al dit sy lelike kop uitsteek. Dit is veral die geval in die lig van ons land se eie pynlike geskiedenis van imperialisme.”

Mordasjof het verlede week uit Hongkong vertrek. “Sover ons weet is hy aan boord die vaartuig en is van voornemens om Suid-Afrika deur Kaapstad-hawe binne te kom. As dit gebeur, sal mnr. Mordasjof, en sy luukse seiljag, beskou word as gaste van die Suid-Afrikaanse staat. Die internasionale gemeenskap het Rusland se inval in Oekraïne en sy anneksasie van vier gebiede van Oekraïense grondgebied as onwettig bestempel. Daar is duidelike bewyse dat oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom deur die Russiese staat gepleeg is teen die mense van Oekraïne, insluitend doelbewuste aanvalle op siviele teikens, slagting van burgerlikes, marteling en die verkragting van vroue en kinders. Duisende mense het gesterf en talle meer se huise en lewens is vernietig.”

Alexei Mordasjof (Foto: Kremlin.ru via Wikimedia Commons)

Hill-Lewis sê Mordasjof is die hoof-aandeelhouer en voorsitter van Severstal, Rusland se grootste staalmaatskappy. Die staalbedryf is van sleutel-strategiese belang vir die regering van Rusland en die Russiese oorlogspoging. “Mnr. Mordasjof is ook voorsitter van Severgroup, ʼn groot aandeelhouer in Bank Rassiya, en hy besit persoonlik ook ʼn groot aandeel. Ná Rusland se onwettige anneksasie van die Krim, het Bank Rossiya aggressief in die streek inbeweeg en takke in die Krim en Sevastopol oopgemaak om ʼn ekonomiese integrasie van Oekraïnse grondgebied in Rusland af te dwing. Mnr. Mordasjof het dus persoonlik finansieel voordeel getrek uit onwettige aktiwiteite.

“Severgroup besit ook ʼn groot aandeel in die National Media Group, wat verskeie Russiese televisiestasies beheer wat Russiese propaganda uitsaai en aktief Rusland se optrede in Oekraïne bevorder. Mnr. Mordasjof het op hierdie manier dus ook gehelp om aktiwiteite te ondersteun wat Oekraïne se territoriale integriteit en soewereiniteit ondermyn. Hy is medepligtig tot die ondenkbare misdade wat teen Oekraïense burgers gepleeg word.”

Hill-Lewis sê die grondbeginsels van ons Grondwet is ons land se toewyding tot menswaardigheid en die bevordering van menseregte en vryhede. “Om ʼn medepligtige tot staatsterreur teen onskuldige mense aan ons kus te verwelkom is ʼn oortreding van dié waardes. As mnr. Mordasjof toegelaat word om vas te meer en ons land binne te kom, glo ek dit is iets waaroor ons skaam sal wees as ʼn kwessie van ons eie moraliteit. Dit sal ook ons reputasie en status bedreig onder die vredeliewende lande van die wêreld.”

Hy sê die nasionale regering het ʼn plig om ons land se reputasie in die internasionale gemeenskap te beskerm en ons verpligtinge jeens ander nasies na te kom. “Tot dusver is ons land se buitelandse beleid wat betref Rusland se onwettige, imperialistiese oorlog ʼn absolute skande. Hier is ʼn geleentheid om van dié oordeelsfoute reg te stel en op te staan vir wat reg is. Ek versoek minister Pandor dus om mnr. Mordasjof nie toe te laat om vas te meer in Kaapstad nie en sy toegang in die Republiek te weier. In die woorde van wyle pres. Mandela: ‘Moenie anderpad kyk nie, moenie huiwer nie. Sien dat die wêreld honger is vir aksie, nie woorde nie. Tree op met durf en visie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Sarel ·

Hy het ‘ n hoop…SA se Regering is steeds ‘n Bondgenoot van Rusland..

Cherokee ·

Jy sal verbaas wees as jy sien hoeveel van die kommentators bewonder Putin.

wim ·

Jy’s reg. Dit is ‘n bondgenootskap wat terug stek tot tot die Anglo-Boere oorlog en amptelik herbevestig is onder NP bewind in 1992

Andre ·

Misdade teen die mensdom. Ek wonder wie pas almal daar onder.

Realis Thailand ·

Die anc ook met hulle rasse diskriminasie teen alle wittes

Koen ·

Die skoen is dalk nou maar net aan die ander voet. Die ou apartheids beleid is amptelik verklaar as ‘n misdaad teen die mensdom.

SomeOne ·

net soos die landing van die gupta broers se vliegtuig op waterkloof sal dit toegelaat word, watch this space

Johann ·

Dis die bankrot ANC se spreekwoordelike SKIP! Daars BAIE baie Comrade dankies op die boot.

wim ·

Nee ek dink jy verwar Alexei Mordashof met Viktor Vekselberg, die ANC se vernoot in die maganees myn in die Kalahari. Hy is eintlik van Oekraieniese afkoms

N ·

Moet asb nie betrokke raak met ander lande se politiek nie. Ons weermag is so swak tot Lesotho sal ons ore aansit. Smile and wave.

Blomme ·

En wat van die oorlog in ons eie land? . Moord en korrupsie… Is dit nie menseregte skending nie?

Retha ·

Mors sy asem, ANC is diep afhanklik van Russiese geld. Watch vir Naledi, daai man gaan toegelaat word op ons bodem.

LANA is ELANè ·

Ag nê, als is Rusland se skuld? Nee, kyk bietjie verder, die hele sg oorlog word uit die VSA ge-orkestreer, terwyl Zelenski heeltyd bakhand staan vir meer geld en midde in sy oorlog, meer as genoeg tyd het om model te speel vir die liberale woke media Vogue en Vanity Fair. Tans voel ek meer gerus oor Rusland as die VSA met hul hele morele verval wat hulle in die hele wêreld se kele afforseer.

Dooierus ·

Rusland dra genoeg skuld…… met hull kan ons nooit ge”rus”wees nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Indien hierdie Rus sonplase en staalwerke in die Wes Kaap wil oprig sal die burgermeester hom met ope arms ontvang. Die DA se lojaliteite lê nie juis baie diep nie.

DJ ·

Die DA en sy burgermeester moet liewers hul aandag bepaal by hul koalisies en geopolitiek uitlos. Hierdie Rus en sy skip bring broodnodige geld na Kaapstad.

whatever ·

ONs president sal hom nog op die hawe gaan ontmoet en welkom heet. Nee wat, jy het jou tyd gemors met Pandor. Ons kommunistiese regering is dik pelle met die Russe.

Kokkies ·

Hulle sê nou nee, met die hoop die Rus gaan hulle omkoop. So kan hulle mos geld kry. Dis mos hoe dit werk in die land.

Pietertjie ·

Dink net: as daai skip verkoop word, kan 2% van Eskom se skuld afgelos word!

Marcello ·

Dit is maklik om te sê: Moenie betrokke raak met ander lande se Politiek nie, ten minste probeer hy iets doen, nie net op die kantlyn sit en kommentaar lewer nie. Give this man a “Bells”

Manie ·

Stop liewer die straatbewoners wat op elke stukkie oop grond in Kaapstad hulle kampplekke oprig Geordin Hill-Lewis. Kyk hoe lyk jou middestad, dis ‘n hool, die ander buurte is vinnig oppad daarnatoe. Ek sukkel al jare dat julle ‘n verstopte mangat onder die N1 moet skoonmaak wat jaarliks vloede veroorsaak omrede dit nie stormwater kan afvoer nie. Bepaal jou by die saaklike aangeleenthede en hou op politieke speletjies speel.

My siening ·

Dankie mnr burgemeester jy doen die regte ding al sal die anc moord en roof regering hom met oop hande ontvang. Gee hom hel dat die wereld kan sien ons mense met beginsel hang nie die onderdrukkers aan nie. Trot op jou mnr!

VaalDonkie ·

Hy moet sy neus uit ander lande se politiek hou. En biesaaids, ons is deel van BRICS.

JohanR ·

Laat die boot inkom dan gryp hom en verkoop hom. Gebruik dan die geld vir Stad Kaapstad.

Lillian ·

Hoekom? Die regering is dan so hand om die blaas met die Russe?

Danie ·

Eers land n vliegtuig op OR tambo en nou n jag in kaapstad hawe en toestemming word gegee.Wat is volgende?????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.