Kaapstadse damvlakke daal effens

Steenbrasdam (Foto: Stad Kaapstad)

Damvlakke in Kaapstad het die afgelope week met 0.2% gedaal tot 76%. Die gemiddelde verbruik het die afgelope week van 546 miljoen liter water per dag tot 563 miljoen liter water per dag toegeneem, het die Stad Kaapstad in ʼn verklaring gesê.

“Inwoners moet hul bes probeer om by die 500 miljoen liter water per dag-beperking te hou tot ʼn nuwe beperking deur die nasionale departement van water en sanitasie ingestel word. Dié besluit sal na verwagting in Desember gemaak word.”

Verbruikers word daaraan herinner dat ʼn vlak 5-waterbeperking steeds van krag is en inwoners word tot 70 liter per dag per persoon beperk.

Stand van damme:

Bron: Stad Kaapstad

Vlak 5-waterbeperkings:
– Geen natlei/besproeiing met munisipale water nie. Kwekerye en landbouverbruikers mag aansoek doen vir kwytskelding.
– Geen swembad mag met munisipale drinkwater aangevul word nie.
– Voertuie (insluitend motors, taxi’s, sleepwaens, karavane, bote) mag nie gewas word met munisipale drinkwater nie.
– Geen harde oppervlak mag met munisipale water afgespoel of gewas word nie.
– Geen munisipale drinkwater mag in ornamentele fonteine of waterspuite gebruik word nie.
– Alle privaat swembaddens moet bedek word.
– Die gebruik van mobiele of tydelike speelswembaddens word verbied.
– Indien boorgat/putwater vir tuine, swembaddens of ander harde oppervlakke gebruik word, mag dit slegs vir ʼn maksimum van een uur op Dinsdae en Saterdae, voor 09:00 en ná 18:00 gedoen word. Die stad ontmoedig egter die gebruik van die water vir dié doeleindes om seker te maak alle grondwater word nie onttrek nie.

Besoek www.capetown.gov.za/thinkwater vir alle waterverwante inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

jd ·

Dit kon ek ook voorspel het die dag toe vlak 6b waterbeperkings gelig is. Party van ons spaar nogsteeds water, maar ander is nie gepla nie.

nico k ·

Met die uitsondering van Theewaterkloof, wat ‘n baie groot dam is en dus sy kapasiteit baie lank kan behou, is al die ander damme oor 90% vol. Hoekom dan nog steeds waterbeperkings hoegenaamd? Ek verstaan dit nie.

Varkie ·

Na die winter weet julle nie waneer daar weer reen gaan kom nie, as daar ooit gaan kom, dan moan almal weer van voor af

Sterfaans ·

Ek vra ook daai vraag. Die vlakke is normaal so alle waterbeperkings MOET gelig word.
Ek glo nie eens die in beheer het almal behoorlik bedank vir hulle samewerking om n waterkrisis af te wend nie. `n Bestuurs fout word so maklik op Jan Alleman se skouers geplaas. Ek sal egter maar voortgaan om my badwater elke oggend te gebruik om my plante nat te gooi en sal maar my grasperk weer laat vrek. Daar was gou om boetes streng beperkings en wat jy alles kan noem daar te stel,maar nou dat die dam vlakke normaal is is almal in bestuur BEKSTIL. Sekere mense glo nou al dis die gebruikers wat die dam so laat daal het. Ander se weer ons sondig te veel. Ek dink ons moet maar almal hand in eie boesem steek :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.