Kaapstadse damvlakke styg steeds

Theewaterskloofdam (Foto: Henk Kruger/ANA)

Kaapstad se damvlakke styg stadigaan danksy die reën wat oor die afgelope paar weke oor die gebied uitgesak het.

Die Stad Kaapstad sê in ʼn verklaring ook inwoners se gesamentlike waterverbruik die afgelope week was 33 miljoen liter per dag.

Kaapstad se damvlakke staan op 72% en die metro se gesamentlike waterverbruik vir die afgelope week is 550 miljoen liter per dag, vergeleke met verlede week se verbruik van 583 miljoen liter per dag.

“Nog reën word vir die volgende paar dae voorspel en alle aanduidings is dat dié opwaartse neiging gaan voortduur, minstens nog vir dié week. Hoewel die vooruitsig in dié stadium positief lyk, is ons nog nie in ʼn posisie waar ons ons waterbesparingspogings gaan verslap nie.

“Ons gaan eers aan die einde van die reënseisoen, in Oktober of November vanjaar, ʼn ingeligte besluit oor waterbeperkings kan neem,” het Xanthea Limberg, burgemeesterskomiteelid vir water en afval, in ʼn verklaring gesê.

Die stad het inwoners aangemoedig om water steeds spaarsaam te gebruik en waterwys op te tree.

Die stad het ook diegene bedank wat deurlopend help om water te bespaar en hulle verbruik te verminder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

John ·

Hoe lyk die res van die land se damme, bv in die Vrystaat en Natal? Hoe voi is die Katze-dam en hoe vorder die 2e dam in Lesotho? Antie Pat, hoeveel nuwe damme is in aanbou?

BS ·

Shame Xanthea, jy het ook ‘n moeilike werk nè.

Erken jy dat die water situasie positief is moet jy aan ons verduidelik hoekom ons ‘n droogte belasting moet betaal. Hoekom ons so duur vir water moet betaal, en hoekom julle ons huise se ‘waardes’ ewe skielik belaglik hoër geskat het om nog tarief verhoogings in te bring.

Gaan kyk maar op die omgewing se Facebook groepe, die sentiment is definitief teen julle die DA as gevolg van al die munisipale ‘extras’.

Kan nie wag vir die volgende verkiesing nie.

Waarheid ·

Reën ???????? so wonderlik geseënd is ons……daarom SPAAR mense…..wat WEET waar water vandaan kom!!!!!en ongelukkig OOK BETAAL en BETAAL!
diegene wat WATERMETERS en REKENINGS KRY ????wat MOET BETAAL WORD.
Stem volkome saam …..BS!!!

RERIG ·

Laat die water maar in die see in loop en volgende somer het ons weer niks!
Geen infrastruktuur word opgegradeer nie, geen nuwe damme of sloot word gegrawe nie.

Amanda ·

Dankie Heer vir die wonderlike reën waarvoor ons so hard gebid het.

Lou ·

Ek stem Amanda. Baie het hard gebid vir goeie reen so dit is nou tyd om dankie te sê dat ons gebede verhoor is.

TN ·

Dit het absoluut NIKS met julle gebiddery te doen nie ___ kon julle dan nie die reën ‘n bietjie vroeër gevra het nie ? Reën en en verwante natuur-fenomena word deur geo-fisiese gebeure bepaal en niks wat julle doen sal dit minder of meer maak nie .

Wonder ·

Dankie vir die wondelike reën!
Wat ek nie kan verstaan is hoekom sommige Winkelsentrums in die Wes-Kaap steeds in hul badkamers net een wasbak het wat jy kan hande was en die ander ses moet jy sanitiser gebruik…Ja, ons in die Wes-Kaap moet meer vir die kragbokse betaal en water. Sal nie weer DA stem nie..

Nettie ·

@Wonder …. eish, sommige mense darem ook.

Die DA het sweet ******* blue all te doen met wat PRIVAAT EIENAARS van winkelsentrums wat op PRIVAAT GROND staan doen in hulle sentrums se badkamers. In ons plaaslike sentrum is daar darem nou al water-besparende krane aangebring. 5 sekondes se vloei van water, was jou hande daarmee en kry klaar. Weet jy wat kos “hand sanitizer” en sulke verbruikbare items/produkte per maand vir die eienaars van sentrums? Ja, daardie rol toiletpapier wat jy so afsjoerrrrrrrrrrr …… kos geld, ja – daardie ‘handsanitizer’ wat jy so pomp, pomp, pomp kos geld; ja, daai droër waarmee jy jou hande vir 3 minute staan en droogblaas, gebruik krag en dit alles kos GELD. En jy kry dit verniet as jy by ‘n winkelsentrum die badkamers gebruik.

Dafer ·

@ TN – asseblief laat hulle ook vra vir werk vir my, en geld in my bankrekening. Ja, en vrede in ons land, en asseblief ons wil nie weer droogtes he nie, ooit! Die lys is lank en ek sal dit stuur as jy wil, maar die bostaande is die belangrikste. By voorbaat dank.

Petra Wagenaar ·

Die res van die land het ook damme. Ons wil graag weet hoe is hul stand ook asseblief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.