Kaapstadse raadslede dagvaar Maimane vir R1 miljoen

Mmusi Maimane

Vyf raadslede in Kaapstad wat in solidariteit met voormalige burgemeester Patricia de Lille bedank het, het Donderdag gesê hulle dagvaar die leier van die Demokratiese Alliansie, Mmusi Maimane, vir R1 miljoen vir naamskending.

Een van die raadslede, Suzette Little, het gesê Maimane het ʼn waarskuwing geïgnoreer om ʼn verklaring terug te trek dat hulle in die Bowmans-verslag geïmpliseer word, wat gebruik is as basis om strafregtelike aanklagte teen De Lille aanhangig te maak.

Little het op 25 Oktober saam met Shaun August, Siyabulela Mamkeli, Gregchan Bernardo en Thulani Stemele bedank. Hulle het uit die raad en die DA bedank.

“Kort ná ons bedankings, het leier van die DA Mmusi Maimane lasterlike uitlatings in Limpopo gemaak in die teenwoordigheid van die publiek en die media en hy het beweer dat ons in die Bowmans-verslag geïmpliseer is en dat ons korrupsie in die Stad Kaapstad probeer wegsteek,” het Little gesê. Sy het gesê dieselfde inligting is in sy weeklikse nuusbrief, “Bokamoso”, gepubliseer.

Sy het gesê die prokureur het Maimane daarna skriftelik versoek om die skrywe terug te trek en ʼn verskoning aan te bied, aangesien hulle name nie in die verslag genoem is nie en hulle nie in die ondersoek oor wanadministrasie en korrupsie in die raad geïmpliseer is nie.

“Maimane het die Bokamoso-nuusbrief vervang, maar het nie sy kommentaar teruggetrek nie. Om die waarheid te sê die nuwe nuusbrief het ons steeds beskuldig dat ons deel is van een of ander toesmeerdery. Maimane het ons beeld geskend en hy was nie mans genoeg om sy eie gedrag reg te stel nie.”

Little het gesê die groep het daarna hul prokureurs opdrag gegee om Maimane vir naamskending te dagvaar en die dagvaarding is op hom bedien. “Ons vertrou dat Maimane nou die ernstige aard van die skade wat hy ons berokken het, sal verstaan.”

Maimane se kantoor het nie dadelik reageer op ʼn versoek om kommentaar te lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Stefan ·

Nog ‘n rede waarom ek nie meer vir die DA sal stem nie. Maimane is nie ‘n geskikte leier nie.

Adam ·

Gelukkig vir Maimane is daar op Pofadder ‘n pos vakant vir ‘n Pastoor. Doen aansoek Mnr of jy is binnekort werkloos.

Cherokee ·

So tròts om te sê dat ek nooit ooit DA gestem het nie. Dat ek selfrespek gehandhaaf het.

Jean ·

So dis FF front vir jou… want hulle is “soooo” successful ne? En… jy dink ook seker hulle gaan die election wen volgende jaar? Haha ai ai… lekker FF planke

IK ·

Enige voorstelle Jean? Jy weet seker vd ou wat selfmoord gepleeg het om sy eie lewe te red?

Geeltrui ·

Ja kyk ou cherokee is inder die indruk hy is God se geskenk aan die joernalistiek. Vf+ kin nog met geen verkiesing n duik in n d,.l maak nie. Maar die slim mensestem vir hulle. Ek moet erken ou Cherokee kan met reg trots wees hy stem vir die anc

Karolis ·

Julle sal met spoed moet beweeg. Hy gaan een van die dae sonder werk sit.

Mrs H ·

Die land gaan n oog oopmaker kry, as hulle VF+ se stemme sien! Ek kan nie wag nie, kry skoon hoendervleis en hare op my kop gaan staan sommer regop. Soos een man gaan hierdie gekneusde Afrikaner wit volk opstaan, waarvoor ons hoop, bid en streef. Dis tyd. Ons sal ons identiteit weer herondek en vestig. DA het ons bedrieg en sleg verraai. Once bitten, twice ☺️ shy.

Pop ·

Jean ja, jy is so in die kol. Snaaks dat net die DA beheerde plekke redelik funksioeneer. Cherokee ry kloof toe en gaan kyk hoe skoon en mooi lyk daai DA beheerde dorpie. Jys mos naby. Mense sal eerder dat Mumusi toelaat dat korupsie gebeur as wat hy daarteen is. Ek sal maar aanhou DA stem en dinge word darem gedoen op my dorp.

Dries du Toit ·

Wie is FF front en wie gaan sonder werk sit. Kom mense dink voor julle skryf

Karen ·

Betaal gerus die geldjie aan die ‘ondergeskik’es’ mr ‘messiah ‘ wat kan se maak en breek soos dit behaag…..dieselfde met die rugby-komentators-sage….. betaal asb….

Janosh ·

Hierdie binnegevegte van die DA gaan hulle baie duur te staan kom in die volgende verkiesing. Ek dink hulle is besig om selfmoord te pleeg.

nico k ·

As ek kommentaar soos die van Mrs H lees dan wonder ek of mense dit regtig glo en of hulle dit net sê om ander op te sweep en of hulle dit net sê om hulle self te laat beter voel. Nie dat ek enige beter voorstelle het nie, maar ons weet mos dat dit nooit gaan gebeur nie.

Sophia ·

Ons sal seker nooit weer so sterk wees soos die ou NP was nie want seker die helfte van die witmense het verkas na verskillende lande toe. Maar as ons TOG almal sal saamstaan en vir die VF+ stem, sal die ander partye sien ons is nét so ernstig om te bly in ons land van geboorte!! En met die koalisies saam met ander partye en God se hulp, kan ons ‘n groter verteenwoordiging in die parlement kry en die ANC en EFF ‘n lelike vuishou gee en hulle uitstem!! Onthou ons leuse van ouds EENHEID MAAK MAG!! EN MET GOD SE HULP KAN DIT GEBEUR!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.