Kaartbedrog kos SA amper ʼn miljard

(Foto: pixabay)

Kaartbedrog het die land die afgelope jaar nagenoeg R800 miljoen gekos.

Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) het Woensdag by die bekendstelling van sy jaarlikse misdaadsyfers vir 2018 gesê hy is bekommerd oor die toename in bedrogvoorvalle.

Kredietkaartbedrog het met 18,4% gestyg en debietkaartbedrog met 17,5%. Dit is ʼn gesamentlike styging van 18% en beloop altesame R873 394 351.

“Ons het ʼn skerp toename in  uitvissing-aanvalle gesien, waar misdadigers bankkliënte bel, voorgee om ʼn bankamptenaar of diensverskaffer te wees en dan manipulasietegnieke gebruik om mense te oorreed om hulle vertroulike bankkaartinligting en ander vertroulike persoonlike inligting te verskaf. ʼn Bank sal jou nooit vir dié inligting vra nie. As jy só ʼn oproep kry, sit dadelik die foon neer,” het Kalyani Pillay, uitvoerende hoof van Sabric, gesê.

Volgens Sabric se syfers is verlore en/of gesteelde debietkaartbedrog verantwoordelik vir 42,5% van alle debietkaartbedrog verlede jaar. Kliënte is ook steeds die slagoffers van swendelaars by kitsbanke.

Sabric het mense weer gevra om nie hulp van enigeen by ʼn kitsbank te aanvaar nie, ongeag hoe behulpsaam of vriendelik die persoon is. Mense word ook gevra om eerder elektroniese oorplasings te doen.

Verlede jaar is 23 466 voorvalle op banke se toepassings (apps), op aanlyn en selfoonbankdienste aangemeld. Dit het tot ʼn verlies van R262 miljoen gelei

Pillay het gesê dit is kommerwekkend dat voorvalle op dié platforms met 75,3% toegeneem het.

“Misdadigers verstaan menslike sielkunde baie mooi en sal allerlei maniere gebruik om menslike weerloosheid uit te buit om vertroulike inligting soos ʼn PIN of wagwoord te bekom om kontant te steel,” het sy gesê.

Sabric het mense ook weereens gemaan om nie op uitvissing-e-posse te klik nie.

Aan die ander kant is Sabric in sy noppies met ʼn daling in die getal transitorooftogte. Dit het met 22% gedaal van 376 voorvalle in 2017, tot 292 in 2018.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Willem van der Merwe ·

Net ń vragie,kos dit SA daai geld of die houer van die kaarte?ek meen meeste van die tyd is dit verlore geld maar vir die houer nie SA nie

Michael P ·

Dit kom daar van as die mense wat voorbeelde moet wees so kurupt is en daarmee weg kom dan dink jan allerman dit is mos reg so. Dan kan ek mos ook dan nien

Maljan ·

Mooi man. As daardie onder R100 debietorders jou rekening afgaan waarvoor jy geen SMS kry nie en jy tel die na vier maande op, sê die bankbestuurder vir jou sy personeel sal n ag dae week moet werk NET OM DEBIETORDERS na te gaan. Ek het al verskeie kere gesê geen handtekening, geen betaling en elke keer was dit sy antwoord. VIVA S E B!

Antoinette ·

Dit is insiders by banke self wat dit doen. Self so met my kredietkaart oorgekom. Bank geweier om geld terug te betaal. Kry korrupte personeel uit banke

At ·

Die skelm banke is deel van hierdié diefstal. Hul was hul hande in onskuld.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.