Kabeldief doodgemaak in KZN

koperkabel‘n 28-jarige kabeldief is dood aangetref langs ‘n pad in Kwandengezi, KwaZulu-Natal.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê die kabeldief het wonde aan sy kop en lyf gehad toe die polisie hom Donderdag gevind het. “Daar word beweer die oorledene is betrap terwyl hy kragkabels probeer steel het waarna hy deur glo deur gemeenskapslede aangerand is.”

Naicker sê die polisie ondersoek ‘n saak van moord maar dat niemand nog in hegtenis geneem is in verband met die voorval nie. “Hulle het hom glo daarvan beskuldig dat hy kragonderbrekings in die area veroorsaak aangesien talle huis elektrisiteitprobleme het weens kabeldiefstal. Hy is glo aangerand, met ‘n skerp voorwerp gesteek en doodgekap.”

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiehoof, het die voorval veroordeel. “Ons doen ‘n beroep op die gemeenskap om saam met die polisie en gemeenskappolisiëringsforums te werk deur vir hulle inligting te gee oor kriminele aktiwiteite in hulle areas sodat misdadigers in hegtenis geneem kan word. Mense moet nie die reg in eie hande neem nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.