‘Kabeldief’ ernstig beseer

Die kabeldiefstal het tot ‘n groot kragonderbreking gelei. (Foto: Ekurhuleni-metroraad)

WAARSKUWING: Dié berig bevat grafiese inhoud wat sommige lesers kan ontstel. Dit is nie geskik vir kinders nie.

ʼn Vermeende kabeldief moes vir brandwonde behandel word, nadat hy glo kabels by die Wychwood-substasie probeer steel het.

Die voorval het tot groot kragonderbrekings in die omgewing van Wychwood en dele van Primrose gelei, het die Ekurhuleni-metroraad gesê.

ʼn Video van die beseerde man wat wag op mediese behandeling is ook op sosiale media versprei. In die video kan gehoor word hoe die man skree dat hy besig is om dood te gaan.

Die vermeende kabeldief is ernstig beseer. (Foto: Twitter)

Dit het tot ʼn magdom kommentaar gelei, onder meer deur mense wat sê dieselfde belastingbetalers van wie die persoon glo wou steel, moet nou ook vir sy mediese behandeling opdok.

Volgens die metroraad het tegnici reeds die omvang van die skade aan die substasie bepaal. Die kragtoevoer sou teen vanoggend vroeg weer herstel wees.

In die video kan gehoor word hoe die man skree dat hy besig is om dood te gaan. (Skermgreep: Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.