‘Kabeldief’ in Moot doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vermeende kabeldief is Vrydag in die vroeë oggendure in Wonderboom-Suid in Pretoria doodgeskiet.

Konst. Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, het gesê beamptes van ʼn veiligheidsmaatskappy, wat kabeldiefstal bekamp, is omstreeks 04:00 in kennis gestel van drie verdagte mans wat kabels in die omgewing steel.

“Die beamptes het dadelik gereageer en op die mans afgekom, waar hulle besig was om kabels te sny. Toe die verdagtes die beamptes sien, het hulle te voet met die kabels in hul hande gevlug. Die veiligheidsbeamptes het hulle agternagesit,” het Moloto gesê.

Twee van die verdagtes kon daarin slaag om weg te hardloop, terwyl die derde op die hoek van De Beerstraat en 17de Laan nie meer verder kon hardloop nie.

“Die man het na bewering ʼn mes uitgepluk en op die veiligheidsbeamptes afgestorm. Hy is in die bolyf geskiet en is op die toneel dood.”

Die polisie het beslag gelê op die kabels wat in die verdagte se besit was, ʼn mes en die vuurwapen waarmee hy geskiet is.

Die ander twee verdagtes is steeds soek.

Die Wonderboompoort-polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

KarooKlong ·

Gebruik hierdie geval as ‘n afskrik voorbeeld en siedaar, al hoe minder kabeldiefstal.

Francois le Cochon ·

Wys jou hoe dodelik koper is in die vorm van ‘n 9mm punt.

Grap ·

Nice house die area moet skoon criminals must fall in the moot

Danie ·

Goeie dag

Namens die CPI lid wat betrokke was wil ek asb vrae om julle feite wat gepubliseer was agter mekaar te kry en die feit dat julle false feite publiseer aan die publiek word glad nie waardeur nie.
Dankie
Woordvoerder van beampte betrokke

Nico Strydom ·

Dagsê Dankie

Dankie vir jou kommentaar. Die inligting is so deur deur die polisie deurgegee soos in die berig gemeld. Jy is welkom om vir ons ‘n e-pos te stuur na [email protected] dan kan ons die storie moontlik verder opvolg.

Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Cherokee ·

Volgens die berig het hulle met kabels in hul hande vir die polisie weggehardloop en twee is weg daarmee. Die polisie kon hulle (2) nie inhardloop nie en hulle is weg met hul kabels en al.

KarooKlong ·

Cherokee, in Pretoria hardloop Polisie nie agter diewe aan nie. Dit is ‘n veiligheidsmaatskappy wat gekontak is en gereageer het en die veiligheidsmaatskappy se beamptes het die diewe agternagesit en een van die (dief) manne, (‘n baie moeg een) het op die veiligheidsbeamptes afgestorm met ‘n mes.
Net in Durban dra die Polieste kort langbroeke of is dit nou lang kortbroeke en dan hol hulle ook net as hulle naby die strand iemand wil jaag.
Karoo groete.

Rapes ·

Nee man lees weer die polisie het nie die kabeldiewe agtervolg nie,maar wel die veiligheidsbeamptes.

Cherokee ·

Klong vanuit die Karoo, in Durbs hardloop die polieste nie agter die kroeks aan nie maar galop agter hulle aan. Hier word nog pêre gebruik so asof ons die cop moet aanspreek as ‘sherrif’.
Maar ek het so ‘n gevoelentheid al die inbrekers, skakers en kabeldiewe is imigrante vanaf Gauteng want die Durbanners is nie so nie.

Oosie ·

Danie, behalwe vir jou spelling wat maar beroerd is, wat is dan die ‘ware’ feite?

Lance ·

Vandag n polisie vrou gesien …ek wonder hoe op aarde sy in daardie broek gekom het ….hoe kom mens weer daar uit wonder ek nou ook ….die broek span styf oral …kannie dink dat die persoon enigsins kan dink om n persoon te kan vang wat nog tese van inhardloop ..skep maar n uiterse swak beeld

Karinda ·

OMW Dit was net in die straat af van waar ek bly. Salig onbewus. Bly iemand het aksie geneem.

Wouter ·

Nou hoekom sou die polisie beslag le op die vuurwapen waarmee die dief geskiet is? Nou is daardie sekuriteitswag ontwapen. Wanneer gaan hy dit weer terug kry om sy werk te kan doen?

Carel ·

Oosie jy moet weer gaan kyk, Geen spelfoute by Danie nie. Jy sal jou skoolgeld moet gaan terugvra, . . . eish!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.