ʼn Vermeende kabeldief is Vrydag in die vroeë oggendure in Wonderboom-Suid in Pretoria doodgeskiet.
Konst. Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, het gesê beamptes van ʼn veiligheidsmaatskappy, wat kabeldiefstal bekamp, is omstreeks 04:00 in kennis gestel van drie verdagte mans wat kabels in die omgewing steel.
“Die beamptes het dadelik gereageer en op die mans afgekom, waar hulle besig was om kabels te sny. Toe die verdagtes die beamptes sien, het hulle te voet met die kabels in hul hande gevlug. Die veiligheidsbeamptes het hulle agternagesit,” het Moloto gesê.
Twee van die verdagtes kon daarin slaag om weg te hardloop, terwyl die derde op die hoek van De Beerstraat en 17de Laan nie meer verder kon hardloop nie.
“Die man het na bewering ʼn mes uitgepluk en op die veiligheidsbeamptes afgestorm. Hy is in die bolyf geskiet en is op die toneel dood.”
Die polisie het beslag gelê op die kabels wat in die verdagte se besit was, ʼn mes en die vuurwapen waarmee hy geskiet is.
Die ander twee verdagtes is steeds soek.
Die Wonderboompoort-polisie ondersoek die voorval.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
18 Kommentare
Goedso
Goeie nuus.
Gebruik hierdie geval as ‘n afskrik voorbeeld en siedaar, al hoe minder kabeldiefstal.
Wys jou hoe dodelik koper is in die vorm van ‘n 9mm punt.
Nice house die area moet skoon criminals must fall in the moot