‘Kabeldief’ op heter daad betrap, geskiet

Die vuurwapen waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Die vuurwapen waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

ʼn Man is Woensdagaand by die Rooiwal-kragstasie in die noorde van Pretoria geskiet terwyl hy glo kragkabels gesteel het.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het Donderdag aan Maroela Media gesê metropolisiebeamptes was by die kragstasie aan diens toe hulle die verdagte opgemerk het.

“Die beamptes het die verdagte genader, waarna die man op hulle losgebrand het. Die beamptes het teruggeskiet en die verdagte geskiet en gewond,” het Mahamba gesê.

Die 23-jarige verdagte is in hegtenis geneem en onder polisiebewaring na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling. Die beamptes is nie tydens die skietery gewond nie.

Die metropolisie het beslag gelê op ʼn vuurwapen, grawe, messe en ander gereedskap om gate mee te grawe.

“Die metropolisie werk hard in die stryd teen kabeldiefstal. Beamptes is by verskeie sleutelpunte ontplooi vir sigbare polisiëring om dié misdaad te bekamp.”

Hy het inwoners versoek om verdagte optrede by hul naaste polisiestasie of by die metropolisie by 012 358 7095/6 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jan ·

Die wapen in die foto is ‘n Gamo PT60 windbuks pistooltjies, hy’t nie juis veel energie nie – sal dalk ‘n duif kan skiet. Ook maar lekker dom om ‘n skietgeveg met ‘n windbuks te beginne. Goeie werk vir die beamptes, bly julle is veilig.

Buitestander ·

Ek is dankbaar vir beamptes wat so gerou hulle werk verrig.
Laat mens net wonder of dit ander mense ook sal aanspoor tot voortreflike diens lewering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.