Kabeldief skok dood

elektrisiteit-320x231ʼn Kabeldief het Woensdag doodgeskok by ʼn substasie in Kimberley in die Noord-Kaap terwyl hy glo koperkabels probeer steel het.

Sers. Johannes Bosman, woordvoerder van die polisie, sê die ongeïdentifiseerde man, glo in sy 30’s, het by die Lerato Park-substasie by Roodepan doodgeskok. “Ons voorlopige ondersoek dui daarop dat die oorledene gepoog het om koperkabels te steel.” Die man se liggaam is deur munisipale werkers gevind tydens ʼn roetine-ondersoek by die substasie. Bosman sê die oorledene het die deurslot gebreek om toegang tot die substasie te kry en dat die voorval vermoedelik tussen 9:30 – 10:00 Woensdagoggend plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Danielle ·

Blinde sambok ne, of verdiende loon. Los goed uit wat nie aan jou behoort nie!

Annatjie ·

Dis nou wat gebeur wanneer jy krap waar dit nie jeuk nie. Of noem mens dit “domastrant”?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.