Kabeldiefstal lei tot kragonderbreking in Centurion

Argieffoto

Eldoraigne en dele van Wierdapark in Centurion is tans sonder elektrisiteit as gevolg van kabeldiefstal.

Selby Moeketsi Bokaba, woordvoerder van Stad Tshwane, het gesê tegnici is op die toneel by die Eldoraigne-substasie. Die kragtoevoer sal na verwagting Vrydagaand om 22:00 herstel wees.

“Ons vra om verskoning vir die ongerief en versoek inwoners om die tegniese span die geleentheid te bied om ongehinderd hul werk te doen.”

Alle elektriese punte moet steeds as lewendig beskou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann ·

En so verval ons weer in totale anargie. Moderne terrorisme om die land te destabiliseer, sodat die ANC sy mag kan behou deur n nood toestand af te dwing. Kyk mooi wat orals “skielik” weer kop uitsteek.

Johann Holtzhausen ·

Goed beplan en die afwesigheid van veiligheidsmagte is duidelik. Dis vir my genoegsame bewys dat die dinge die owerheid se goedkeuring wegdra. Anargie is ‘n welbekende regeringsbeleid en word doelgerig toegepas.
‘n Mens wonder of die VN enige positiewe bydrae gaan maak in Noord-wes.

Alida ·

Liewe hemel gaan die stelery en plundery nooit end kry nie!!!!!!!!!!!!!

zoom zoom ·

Ek het dan verstaan dat die stasies met sensors alarms toegerus is om diefstal te bekamp of het ek die kat aan die stert beet.???

Chrisjan ·

Jy is 100% korrek, Zoom Zoom. Presies wat in gister se plaaslike koerant gepubliseer was. Het toe nogals in my mou gegrinnik en gewonder hoe lank voor volgende teiken (substasie) getref gaan word … wel, doen self die berekening.

willie ·

Waar daar ñ wil is is daar ñ weg! Kabeldiefstal weet ons almal kos die ekonomie miljarde! Indien handel in niemetaalhoudende materiaal, maw koper, alimunium, ens. streng beheer word is daar nie ñ mark daarvoor nie!

Ongelukkig ·

Willie, daar is duidelik nie ‘n wil om dinge vas te vat nie.

Alida ·

Dit is net om die DA in n slegte lig te stel. Genade mens kan net soveel herstelwerk in 24 uur doen. Sodra dit herstel is verwoes hulle weer op n ander plek. Dit sal so aangaan tot na die verkiesing. Gemors

Msp ·

Kyk mense, die kopertjie is onweerstaanbaar as dit by sekeres kom. Maak ander voorsiening. Tyd van kerse en donkiekarre is voor die deur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.