Kabeldiens opgeskort weens slegte weer

Tafelberg se roterende kabelkar Foto: Marianne Styan

Toeriste wat vandag (17 Januarie) nasionale kabelkardag wou vier deur met die kabelkar die bokant van Tafelberg te bereik, was teleurgesteld dat dié diens weens slegte weer en sigbaarheid opgeskort is.

“Ons is toe weens slegte weerstoestande. Die temperatuur bo-op die berg is matig, wind is stormsterk en die sigbaarheid is swak,” het die operateurs van die kabeldiens Vrydag getwiet. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens kan Kaapstad die volgende week onder sterk wind van tot 53 km/h deurloop. Die temperatuur sal ook effens daal.

Die kabelkar se webtuiste verwys na internasionale kabelkardag as “ʼn baie belangrike dag in die wêreld van kabelkarre. Die kabeldiens het sedert 4 Oktober 1929 reeds 25 miljoen besoekers na die bopunt van tafelberg vervoer,” lui ʼn inskrywing op die webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Santie ·

Dit is baie netjies bo-op die berg, veral as jy in ag neem hoeveel toeriste daagliks daar is wanneer die weer goed is. Lieflike wandelpaadjies en skoon geriewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.