‘Kabeldiewe’ binne ure ná rooftog vasgetrek

Twee van die verdagtes wat in hegtenis geneem is. Foto: SAPD

Twee van die verdagtes wat in hegtenis geneem is. Foto: SAPD

Drie vermeende koperkabeldiewe is Donderdagoggend vasgetrek enkele ure nadat hulle ʼn gewapende roof by ʼn sakeperseel in Centurion uitgevoer het.

Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het gesê drie gewapende rowers het Woensdag omstreeks 23:30 op die perseel in Sunderland Ridge toegeslaan. “Die rowers het na bewering ʼn veiligheidswag by die sakeperseel op Ellmanstraat met ʼn vuurwapen gedreig en hom gedwing om op die grond te lê. Hulle het met koperkabels op die vlug geslaan,” het Moloto gesê.

Die rooftog is vinnig by die SAPD en Tshwane-metropolisie aangemeld wat dadelik op die uitkyk vir die verdagtes was. Omstreeks 02:00 het polisiebeamptes drie verdagte mans gesien wat ʼn sak deur ʼn beboste gebied in die rigting van die Mooiplaas informele nedersetting gedra het. “Die polisie het die verdagtes voorgekeer en deursoek en koperkabels is in hul besit gevind. Die verdagtes is op die plek in hegtenis geneem,” het Moloto gesê.

Die vuurwapen en gereedskap waarop die polisie beslag gelê het. Foto: SAPD

Die vuurwapen en gereedskap waarop die polisie beslag gelê het. Foto: SAPD

Volgens Moloto het nadere ondersoek daartoe gelei dat die polisie ook op ʼn vuurwapen beslag gelê het wat vermoedelik vroeër tydens die rooftog by die sakeperseel gebruik is.

ʼn Saak van gewapende roof, die besit van gesteelde goedere en die onwettige besit van ʼn vuurwapen word deur die Erasmia-polisie ondersoek. Die verdagtes, onderskeidelik 31, 36 en 39 jaar oud, sal binnekort in die Atteridgeville-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Sonet ·

Vermeende kabeldiewe?? Amazing. Fotos met bewyse…uhm..ok. I rest my case.

Buitestander ·

Wouhulle onwettige aansluitings doen met die kabels?

GES ·

ʼn Mens steel nie omdat jy honger is nie maar omdat jy skelm is.

Raymond ·

Baie mooi dit is hoe dit moet werk sluit toe en gooi die sleutel weg

Lies ·

Hoekom word “kabeldiewe” tussen aanhalingstekens geskryf? Die bewyse is dan daar?

MvN ·

Ek praat onder korreksie maar ek dink dit is omdat hulle nognie aangekla is en in die hof verskyn het nie. Net soos ek nie mag se iemand het n moord gepleeg as nognie skuldig bevind is nie.

Ada ·

Maroela ,waarom is die hoofberig van gister en van vroeg vanoggend verwyder?Die een van die kaping en aanranding van die skool -juffrou? Dit is mos van groot belang dat almal dit sien. Waarom word hierdie berig vir so lank sigbaar gestel maar nie die een van die Juffrou nie?
laat weet asb vir al ons lesers.
dankie
groete
Ada

Landi Slatter ·

Dagsê Ada

Dankie vir jou navraag. Die hoofnuus bo aan die blad word uiteraard gereeld verander na gelang van die nuusgebeure. Die berig van die Rustenburg-onderwyseres is steeds sigbaar, dis net nie meer hoofnuus nie. Kyk gerus net verder af op die tuisblad of klik op ‘nuus’ om die berig te sien.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Kom ons raai ·

Ek is baie bly dat hulle aangekeer is, nou wil ek graag net dophou wat die uiteinde gaan wees? Kom ons raai? Enige weddenskappe? Dink julle enigsins hulle gaan die binnekant van ‘n tronk sien vir langer as ‘n dag?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.