Kabeldiewe in die Vrystaat gevonnis

Argieffoto: GCIS

Drie kabeldiewe is in die Kroonstad-streekhof in die Vrystaat tronkstraf gevonnis.

Stefanie Jansen van Rensburg, woordvoerder van Eskom, het Woensdag in ʼn verklaring gesê die drie mans is reeds op 30 Julie gevonnis op agt aanklagte van koperkabeldiefstal. “Die groep is gevonnis vir misdade wat tussen Maart en Junie 2017 gepleeg is. Twee van die beskuldigdes sal effektief 16 jaar tronkstraf elk uitdien en die derde 12 jaar.”

Die beskuldigdes was betrokke by agt voorvalle waar koperkabel ter waarde van R115 500 van Eskom gesteel is. “Hulle is op 4 Junie 2017 deur Combined Private Investigations in hegtenis geneem, ʼn privaat sekuriteitsmaatskappy wat deur Eskom gekontrakteer is.”

Die kabeldiefstal het in Kroonstad, Koppies en Allanridge plaasgevind.

“Tydens hul inhegtenisneming het die beskuldigdes koperkabel, wat aan Eskom behoort, in hul besit gehad,” het Jansen van Rensburg bygevoeg. “Voor hulle inhegtenisneming was hulle verdagtes in ander sake oor soortgelyke misdade.”

Tydens die ondersoek het die beskuldigdes se selfoonrekords hulle verbind met kabeldiefstal in Kroonstad, Allanridge, Geneva en Heuningspruit. “Hulle het as ʼn sindikaat gewerk en word ook met ander misdade verbind deur selfoonrekords.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Frank ·

Net R115k???? Wat van die skade aan ondernemings, die gemeenskap ensomeer?

Yvonne ·

Ek glo as die skades bereken word dit duisende meer sal wees…..ai diefstal en plunder het nie einde nie

KhoiKhoi ·

Waarom word die name nie bekend gemaak nie.
Hulle is inderdaad gevonnis

Philip ·

In die Noordwes veral die omgewing van Ventersdorp/ Coligny/ Lichtenburg waar daar n enkel 88kv oorhoofse kraglyn na eersgenoemde dorp vir primere toevoer gebruik word is daar minstens elke week geleier diefstal vir maande al.Dit het n geweldige ontwrigtende effek op die klein bestaande besighede maar ook beskadig dit huishoudelike elektriese toebehore en onderbrekings van tot 2 dae op n slag

Stoffeltjie ·

Ag, die sindikate gaan lustig voort met kabeldiefstal. As mens net kyk, is die krag af.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.