‘Kabeldiewe’ op heterdaad betrap

Die sloot wat gegrawe is om by die kabels uit te kom. Foto: SAPD

Vyf vermeende kabeldiewe is in hegtenis geneem nadat hulle op heterdaad betrap is waar hulle na bewering besig was om kabels in Oos-Londen op te grawe.

Kapt. Mluleki Mbi, woordvoerder van die polisie, sê die SAPD en die Buffalo City-munisipaliteit het die afgelope paar weke saamgewerk om ʼn groep kabeldiewe te monitor wat in en om Amalinda en Cambridge in die stad bedrywig is.

Dié niksvermoedende groep het Woensdag in die Cambridge-omgewing glo weer hul kriminele aktiwiteite voortgesit toe die polisie se honde-eenheid toegeslaan het. “Die verdagtes het reeds ʼn sloot van byna 2 km lank gegrawe en groot klomp kabels verwyder. Vyf mans, tussen 25 en 56 jaar oud, is in hegtenis geneem,” het Mbi gesê.

Beslag is ook gelê op 79 kg koperkabel, 154 kg loodkabel, drie grawe, een pik, ʼn byl en ʼn bakkie waarop die kabels gelaai is.

Mbi sê die mans het glo omkoopgeld vir die polisiebeamptes aangebied in ʼn poging om nie in hegtenis geneem te word nie.

Die verdagtes sal binnekort in die Oos-Londen-landdroshof verskyn op aanklag van peuter met noodsaaklike infrastruktuur, besit van gesteelde goedere en omkopery.

Van die items waarop daar beslag gelê is. Foto: SAPD

“Kabeldiefstal, wat lei tot beskadiging van ons spoorweg- en elektrisiteitsinfrastruktuur, is ʼn ernstige misdaad wat ʼn nadelige uitwerking op ons openbare vervoerstelsel en elektrisiteitsvoorsiening het. Hierdie inhegtenisneming is ʼn duidelike aanduiding dat die SAPD vasbeslote is om van die kriminele elemente ontslae te raak sodat ons gemeenskappe ordentlike lewens sonder ontwrigting kan lei,” het brig. Pumla Mdlankomo, Cambridge-stasiebevelvoerder, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Susan ·

Sien, nie alle polisiebeamptes kan omgekoop word nie. Daar is nog goeies.

Loun ·

Opskrif moes eerder gelees het:
Kabeldiewe op heterdaat betrap en is doodgeskiet….

marous ·

Kan net sowel die see probeer leegskep met ‘n tee siffie . As die spul skelms wat die goed koop nie lewenslank tronk toe gaan nie , sal dit nooit ophou nie.

Nita ·

Peuter met noodsaaklike infrasruktuur??? Dit is sabotasie. En moet straf dra vir sabotasie. Ook die treintrokke wat sommer so aan die brand slaan vanself. Vang die saboteurs en stuur hulle 20 jaar tronk toe. Ook hierdie ander terroriste en saboteurs wat voor die voet brandstig as hulle toi-toi.

Theresa ·

Ja. tronktoe vir 20 jaar en dis ‘n aparte tronk iewers waar hul hul oefening kry deur om slote te grawe soos die op foto.

Nettie ·

Ek sou dink dat – waar sulke misdade gepleeg word en nie-Suid-Afrikaanse gebore “burgers” daarby betrokke is, moet daardie mense – die oomblik wat hulle skuldig bevind is, summier op ‘n bus geprop word en hulle teruggestuur word na hul eie lande. Sodoende sal ons die misdadige inkommers kan kortwiek ……….

O ja, maar ek vergeet …… as die ANC regering dít doen, verminder hulle mos die aantal ANC-stemmers vir 2019 ………………

Karolis ·

Wat van die skelm kopers van hierdie items?
Indien hulle ook vervolg word sal hierdie beroep mos tot stilstand kom.

Hendrik ·

Hoe lank neem dit vyf mans om een kilometer se kabel oop te grawe? Waarom is dit nie vroeër agterkom nie?

Johnny Smith ·

Laas week 15 kabel diewe op heterdaad betrap. Brakpan hof weier om saak op rol te plaas. Almal skotvry en in die wind. Bedrae van R1000 per verdagte word genoem vir vryheid.

Pieter ·

N paar weke gemonitor(wat hulle goed kan doen),hoeveel skade is daar in daardie tyd aangerig? Waarom hulle nie dadelik vang met die eerste kabel nie.

Cherokee ·

Klink bietjie onregverdig om die kabels te konfiskeer nadat 5 van hulle met pik en graaf byna twee kilometer slote gegrawe het tot daardie diepte. Die grond lyk nie baie hard nie, maar steeds.. have a heart!

Cherokee ·

Maroela, as ek reg onthou het ek ‘n bydrae gedoen tot die kommentare hier. Dit verdien plasing!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.